Return to search

Ons leer mekaar / Die pyn van die groeps-wette

Op ’n sonnige Saterdag- oggend op Montagu kom daar ’n gekap en geraas uit ’n groot skuur. In die agter- grond sing ’n vrou ’n op- gewekte deuntjie. Wie werk so hard en so vrolik op ’n Saterdag? En waarom? Toe Ons Leer Mekaar onder- soek gaan instel, het ons die Montagu Skrynwerkers Ko- operatief leer ken - ’n be- sonderse groep mense wat op ’n besondere manier werk. Hulle is ’n span van tien, waar- van vier vroue is. En almal in die span is saam eienaars van die skrynwerkers-besigheid. Maandag-oggende besluit die span wat hulle target vir die week is. "En as ons nie target slaan nie, dan moet ons sit, al is dit Saterdag", vertel Leon de Koker, die produksie- koordineerder. "Jy werk vir jouself, so aan die einde van die dag kan jy nie ’n baas blameer, of se baas waar is my loon nie. Hier moet almal saamtrek. Elke lid deel in die winste van die ko-operatief, maar ook omgekeerd: as ons verliese maak, deel elkeen daar in." Die ko-operatief maak futon- beddens en ses-hoekiae tafels, wat landwyd verkoop word. Futon beddens lyk soos harde plat matrasse wat op die grond oop gegooi word. Die tafels word veral in kantore gebruik, omdat baie tafels in- mekaar pas om ’n groter tafel te maak. Dit word ook trapazoidal tafels genoem. Baie council huise op Montagu het nie elektrisiteit me. Die skrynwerkers verkoop hulle afval-houtjies teen R1 ’n sak vir brandhout. Die semels verkoop hulle aan die boere wat hoenders en perde aanhou. "In die somer noem ons dit die Coke-fonds, die geldjies wat so inkom", se Leon.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:30649
Date08 1900
PublisherOns Leer Mekaar Redaksionele Kollektief
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
Typetext, book
Format38 pages, pdf
RightsOns Leer Mekaar Redaksionele Kollektief, No part of this publication may be reproduced or transmitted in any form or by any means without prior permission from the publisher

Page generated in 0.0036 seconds