Return to search

'n Studie van die houding en gesindheid teenoor spesiale onderwys soos geopenbaar deur 'n groep ouers van spesiale klas-leerlinge in Oos-Kaapland

Die weerstand wat ouers soms teen Spesiale Onderwys bied, kan stremmend inwerk op leerlinge. Om insig in die gesindheid van ouers van Spesiale Klas-Ieerlinge te verkry, is 'n gewysigde vorm van die Thurston Sentence Completion Form gebruik. Die vorms is deur ouers van leerlinge in 'n aantal Spesiale Klasse in Oos-Kaapland voltooi en die response is in positiewe en negatiewe reaksies ingedeel. Ook is elke item ontleed. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die meeste ouers tog weI positief ingesteld is teenoor Spesiale Onderwys en inderdaad erkenning verleen aan die werk wat in die klasse gedoen word. Die behoefte aan 'n nouer skakeling tussen die betrokke ouers en die skole het duidelik na vore gekom

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:1361
Date January 1979
CreatorsBouwer, Jeremia Cornelius Esias
PublisherRhodes University, Faculty of Education, Education
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Doctoral, PhD
Format490 leaves, pdf
RightsBouwer, Jeremia Cornelius Esias

Page generated in 0.0022 seconds