Return to search

Kurrikulumontwikkeling vir volhoubare sportbestuuropleiding in Suid-Afrika

Thesis (PhD (Education )--University of Stellenbosch, 2003. / 355 leaves printed on single pages, preliminary pages i- xxiii and numbered pages 1-330. Includes bibliography and list of tables. Digitized at 600 dpi grayscale to pdf format (OCR), using a Bizhub 250 Konica Minolta Scanner. / ENGLISH ABSTRACT: The sporting environment in South Africa started changing drastically when professional sport increasingly became a reality after years of sporting isolation. As a result of these changes new career opportunities opened up because
professionals were required to manage professional sport. These new professional
sporting organisations are modelled on economically active businesses that require
managers at all levels. Training institutions soon started offering programmes to
train these so-called sports managers. Although there are specialists working in the
sporting environment, the generic term "sports manager" is used to identify these
individuals. The appropriate and sustainable training of sports managers forms the
nucleus of the research in this study.
Training programmes for sports managers are mostly offered at departments of
human movement studies or sports science. This tended to create the impression
that these training programmes are merely adapted human movement studies
programmes that do not necessarily make provision for the professional sports
management industry.
The main purpose of this study was to design a curriculum framework for sport
management training that is not only practice-oriented, but that also ensures
sustainable programmes. To realise this, both an international and a national
historical perspective on sport management training were researched. A description
of a theoretical curriculum model with specific reference to current trends in
education in South Africa was given. Furthermore it endeavoured to establish, from
within the sporting industry, the knowledge and skills that are required for a career in
sports management. From this information an attempt was made to suggest a
curriculum framework so that appropriate and sustainable sports management
training programmes can be offered.
From a historical survey it became evident that sports management training
programmes are in a relatively early development phase. An analysis of
international programmes revealed that these programmes focus mainly on the
economic and management activities in sports management organisations. Few
instances were found where human movement studies constituted a prominent part
of the contents of the programmes. However, the opposite was found to be true
when South African programmes were reviewed. The majority of these programmes
include components of human movement studies/sport science in their contents.
Some of the programmes focus specifically on human movement studies/sport
science and merely offer introductory modules on aspects of sports management.
This study indicates the necessity for sports management training programmes in
higher education to fit into specific structures in the South African education
framework. New developments centred around the South African Qualifications
Authority, the Higher Education Board and more specifically the National
Qualifications Framework have been researched and applied to sports management
training programmes.
To place this study within the perspective of curriculum development, various
models and methods of curriculum evaluation were explored. As a result of this a
synoptic list was compiled to which sports management programmes may be
required to comply.
As part of the study a questionnaire review was conducted to indicate sports
managers' knowledge and skills requirements in three levels of management.
Guidelines were derived from this for generic contents of sports management
programmes. It was also indicated that specialist functions exist within the sports
management industry and that this phenomenon cannot merely be ignored by
academic institutions when curricula are designed. These findings were used to
suggest a possible framework for sports management curricula. In the light of a
changing environment in South Africa and the development of the professional
sports management industry, it is necessary that this framework should continuously
be supplemented in a dynamic sporting environment. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die sportbedryf het in Suid-Afrika drasties begin verander toe beroepsport na jare
van sportisolasie toenemend 'n werklikheid geword het. Uit hierdie veranderinge het
daar nuwe beroepsmoontlikhede ontstaan deurdat professionele persone nodig was
om professionele sport te bestuur. Hierdie nuwe professionele sportorganisasies is
op die lees van ekonomies-aktiewe besighede geskoei wat beteken dat bestuurders
op aile vlakke benodig is. Opleidingsinstellings het spoedig begin om programme
aan te bied vir die opleiding van hierdie sogenaamde sportbestuurders. Alhoewel
daar 'n verskeidenheid spesialiste in die sportomgewing werk, word die generiese
term "sportbestuurder" gebruik om hierdie persone te identifiseer. Die toepaslike en
volhoubare opleiding van sportbestuurders vorm die kern van ondersoek in hierdie
studie.
Opleidingsprogramme vir sportbestuuropleiding word meestal in departemente van
menslike bewegingskunde of sportwetenskap aangebied, wat die vermoede laat
ontstaan het dat hierdie programme slegs aangepaste menslike bewegingskundeprogramme
is en nie noodwendig vir die volle spektrum van behoeftes van die
professionele sportbestuurbedryf voorsiening maak nie.
Die hoofdoel van hierdie studie was die daarstelling van 'n kurrikulumraamwerk vir
sportbestuuropleiding wat nie net praktykgerig is nie, maar ook die volhoubaarheid
van hierdie programme verseker. Om dit te verwesenlik, is daar gepoog om 'n
internasionale en nasionale historiese perspektief oor sportbestuuropleiding daar te
stel. 'n Teoretiese kurrikulummodel is beskryf met spesifieke verwysing na huidige
onderwystendense in Suid-Afrika. Vervolgens is gepoog om vanuit die sportbedryf
te bepaal wat die kennis- en vaardigheidsvereistes is wat die sportbestuurberoep
aan individue stel. Uit hierdie gegewens is gepoog om 'n kurrikulumraamwerk te
ontwerp ten einde 'n bydrae te maak tot die volhoubare en toepaslike voorsiening
van sportbestuuropleiding.
Uit 'n historiese oorsig het dit geblyk dat sportbestuuropleidingsprogramme in 'n
relatief vroeë ontwikkelingsfase verkeer. Wat uit die ontleding van internasionale
programme duidelik geblyk het, is dat hierdie programme veral op die ekonomiese
en bestuursaktiwiteite van sportbestuurorganisasies gefokus is. Min gevalle is
aangetref waar menslike bewegingskunde 'n prominente deel van die
programinhoud uitmaak. Daar is egter bevind dat die teendeel grootliks waar is van
programme in Suid-Afrika. Die meerderheid van die programme het wel
komponente van menslike bewegingskunde/sportwetenskap as deel van die inhoud.
Sommige programme fokus spesifiek op menslike bewegingskunde/sportwetenskap
en bied sportbestuuraspekte slegs as inleidende modules aan.
Die studie toon aan dat dit noodsaaklik is om sportbestuuropleidingsprogramme in
hoër onderwys binne spesifieke strukture in die Suid-Afrikaanse
opvoedingsraamwerk in te pas. Ontwikkelinge rondom die Suid-Afrikaanse
Kwalifikasie-owerheid, die Hoër Onderwysraad en meer spesifiek die Nasionale
Kwalifikasieraamwerk is ondersoek in die lig van moontlike toepassings op
sportbestuurprogramme.
Om die studie binne die perspektief van kurrikulumontwikkeling te plaas, is
ondersoek ingestel na verskillende modelle en metodes van kurrikulumevaluering.
Hieruit is 'n oorsiglys waaraan sportbestuurprogramme moontlik beoordeel kan
word, saamgestel.
'n Vraelysondersoek is benut ten einde kennis- en vaardigheidsvereistes van
sportbestuurders op drie bestuursvlakke aan te toon. Riglyne ten opsigte van
generiese inhoude vir sportbestuurprogramme is hieruit verkry. Daar is ook
aangetoon dat spesialisfunksies binne die sportbestuurbedryf bestaan en dat hierdie
verskynsel tydens kurrikulumontwerp nie sonder meer deur akademiese instellings
geignoreer kan word nie. Hierdie bevindinge is gebruik om 'n moontlike raamwerk
vir sportbestuurkurrikula voor te stel. In die lig van 'n veranderende samelewing in
Suid-Afrika en die ontwikkeling van die professionele sportbestuurbedryf is dit
noodsaaklik dat hierdie raamwerk in 'n dinamiese sportomgewing voortdurend
aangevul word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/3178
Date03 1900
CreatorsDe Villiers, D. B.
ContributorsMalan, J. H., Bitzer, E. M., Carl, A. E., University of Stellenbosch. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0023 seconds