Return to search

Die rol van die sangpedagoog in die interdissiplinêre behandeling van sangers met stemprobleme.

Thesis (MMus) (Music))--University of Stellenbosch, 2010. / AFRIKAANSE OPSOMMING:In Suid-Afrika, soos in ander lande, gebeur dit dikwels dat sangers in een of
ander stadium van hul loopbaan met stemmoeilikheid/’n stemprobleem te
doen kry. Die mees algemene reaksie is om ’n oor-, neus- en keelspesialis
(ONK-spesialis) te besoek vir hulp. Die sangaktiwiteit vereis egter ’n baie fyn
gebalanseerde kondisie van die sangapparaat en dit blyk dat die oorsprong
van die meeste stemprobleme onder sangers funksioneel van aard is.
Daarom word daar van die veronderstelling uitgegaan dat die mees
suksesvolle behandelingsroete vir die sanger met ‘n stemprobleem ‘n
integrale interdissiplinêre benadering behels wat nie net die ONK-spesialis
insluit nie, maar ook ‘n spraakterapeut en sangpedagoog. Anders as in Suid-
Afrika, word hierdie interdissiplinêre benadering alreeds algemeen toegepas
in lande soos die VSA en Brittanje.
Hierdie studie vind plaas vanuit die oogpunt van die sangpedagoog en
identifiseer die nodige kennis en praktiese ondervinding wat sodanige
sangpedagoog sal benodig om suksesvol as deel van ’n interdissiplinêre span
in die behandeling van sangers met stemprobleme te funksioneer. Om hierdie
doel te verwesenlik, neem die studie die vorm van ’n gevallestudie aan waarin
die navorser binne die bestek van verskeie maande konsultasies met sangers
met stemprobleme binne ‘n mediese stemkliniek onder leiding van ’n ONKspesialis
prakties geobserveer het. Deurgaans word sodanige gevallestudies
weergegee en bespreek. Dit sluit o.a. die rol van elk van die interdissiplinêre
spanlede, oorsake en behandeling van tipiese stemprobleme onder sangers,
asook die spesifieke rol van die sangpedagoog in die behandelingsproses, in.
In die geheel het hierdie studie getoon dat daar ’n groot leemte en onkunde
onder baie sangers bestaan (veral amateursangers) wat die nodige sorg en
hantering van hul sangstem betref. Hiperfunksionele stemproduksie a.g.v.
foutiewe stemgebruikgewoontes, afwesigheid van sangopleiding en onkunde
op die gebied van stemhigiëne en -sorg was opvallend.
Dit blyk dat die sangpedagoog, in noue samewerking met die ONK-spesialis
en spraakterapeut, ‘n kritieke leemte kan vul in die gespesialiseerde
opvoeding en behandeling van sangers met stemprobleme. / ENGLISH ABSTRACT: In South Africa, as in other countries, singers frequently happen to experience
voice problems at some or other stage in their career. The general reaction to
this problem is to seek help from an ear, nose and throat specialist (ENT
specialist). Seeing that the activity of singing requires such a finely balanced
condition of the vocal instrument, it seems that the origin of most voice
problems singers experience are of a functional nature. This study is based on
the premise that the most successful way of treating an artist with a voice
problem is via an integrated interdisciplinary team approach, which includes
an ENT specialist as well as a speech therapist and a singing pedagogue.
Unlike in South Africa, this interdisciplinary approach is already common
practice in countries such as the USA and the UK.
The study is conducted from the viewpoint of a singing pedagogue. It
identifies the knowledge and practical experience the singing pedagogue
would require to function successfully as part of an interdisciplinary team in
the treatment of singers with voice problems. To succeed in this goal the
study takes on the form of a case study. The researcher practically observed
consultations with singers over several months in a medical voice clinic under
the leadership of an ENT specialist. These case studies are reflected and
discussed throughout this thesis. Amongst others, this includes the role of
each member of the interdisciplinary team, the causes and treatment of typical
voice problems amongst singers, as well as the specific role of the singing
pedagogue in the treatment process.
It is found that a great deal of ignorance exists amongst many singers
(especially amateur singers) in respect of the necessary care and
management of their singing voice. Hyperfunctional voice production due to
incorrect voice-use habits, the absence of vocal training and ignorance
regarding vocal hygiene and voice care were encountered frequently.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/5330
Date12 1900
CreatorsTait-Jones, Vanessa
ContributorsLudemann, W., Attwood, R., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Music.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format119 leaves
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0022 seconds