Return to search

Conceptualising psycho-emotional aspects of disablist discrimination and impairment : towards a psychoanalytically informed disability studies

Thesis (DPhil (Psychology))—University of Stellenbosch, 2009. / ENGLISH ABSTRACT: Since the 1970s, the international disability movement has galvanised around the "social
model" of disability, as an adversarial response to traditional, individualising "medical"
accounts of disablement. The model foregrounds "disablist ideology", identifying systematic
exclusion and discrimination as central mediators of disabled life. Latterly, feminist authors
within disability studies have problematised the "arid" materialist orientation of the social
model, for its eschewing of personal and psychological aspects of disability, and poor
theorising of embodiment. Social model orthodoxy construes the psychological as
epiphenomenal, diversionary, and potentially misappropriated in the buttressing of
pathologising accounts of disablement. A legacy of "traditional" psychoanalytic theorising on
disability implies causal links between bodily difference and psychopathology, eliding a
critical interrogation of oppression in mediating the severely marginal social and economic
destiny of the disabled minority. The new "critical" psychoanalytic approach to disability
interprets broad social responses to disablement as the enactment of defences engaged in
reaction to the universal unconscious existential conflicts evoked by disability images. The
present work seeks to elaborate the integration of psychoanalysis into disability studies,
towards development of a politically situated psychology of disability oppression, which
creates theoretical links connecting ideology with the nature of individual subjectivity.
Conceptual ideas to begin describing the psycho-emotional aspects of disablist oppression and
impairment were developed via an integration of clinical data with a renewed,
psychoanalytically informed critical synthesis of disability-related research from a range of
disciplines. Clinical data was gathered via psychoanalytically oriented group psychotherapy
with severely physically impaired university students. Full transcriptions and in-depth fieldnotes
were utilised as a record of data, which was then analysed via interpretive,
psychoanalytic and "interpretive auto-ethnographic" methods. Follow-up interviews were
held to assess the resonance and utility of new concepts. A range of theoretical contributions
was combined in illuminating the modernist cultural and political underpinnings of oppressive
responses to the impaired body, and integrated with accounts of the psychological and
relational predicaments of disablism gleaned from the clinical record. Topics drawn from
literature, critically evaluated, developed and re-synthesised included narcissistic culture, the
family, "medicalisation", social mirroring, internalised oppression, liminality, and
representations of disability in charity, art and modern bioethics. The nature of
countertransference dynamics in therapeutic work with disabled people was considered. Key
concepts from the clinical data were developed and progressively reformulated; these included
the distortion of boundaries, the discourse of loss, control, independence, identity, complicity,
trauma, and the imperative to silencing the subjective experience of disabled life. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die internasionale gestremdheidsbeweging mobiliseer sedert die 1970’s rondom die “sosiale
model” van gestremdheid - in afwysende reaksie op tradisionele individualiserende,
“mediese” diskoerse. Dié model plaas die kollig op “gestremdheidsideologie”, en identifiseer
sistematiese uitsluiting en diskriminasie as die sentrale bemiddelaars van die gestremde lewe.
In die laaste tyd word die “droëe” materialistiese benadering van die sosiale model egter deur
feministiese outeurs binne gestremdhiedsstudies geproblematiseer, spesifiek as synde
ontwykend van die persoonlike en sielkundige aspekte van gestremdheid, en vanweë die
model se swak teoretisering van beliggaming. Die ortodokse sosiale model beskou die
sielkundige as ‘n epifenomeen, ’n afleiding, en potensieël kaapbaar in diens van
patologiserende narratiewe oor gestremdheid. ‘n Nalatenskap van “tradisionele” psigoanalitiese
teoretisering oor gestremdheid impliseer kousale verbande tussen liggaamlike
alteriteit en psigopatologie, wat lei tot die weglating van ‘n kritiese ondervraging van
verdrukking in die bemiddeling van die uiters marginale sosiale en ekonomiese
lotsbestemming van die gestremde minderheidsgroep. Die nuwe “kritiese” psigo-analitiese
benadering tot gestremdheid interpreteer breë sosiale response op gestremdheid as die
aktivering van verdedigingsmeganismes in reaksie op universele onbewuste eksistensiële
konflikte wat deur beelde van gestremdheid na vore geroep word. In hierdie verhandeling
word daar gepoog om die integrasie van psigo-analise binne gestremdheidstudies uit te dy, en
‘n aanset te lewer tot die ontwikkelling van ’n polities-gesitueerde sielkunde van
gestremdheidsverdrukking, waardeur teoretiese verbande tussen ideologie en die aard van
individuele subjektiwiteit gelê word. ‘n Aanvanklike begripsapperatuur ten einde die
beskrywing van die psigo-affektiewe aspekte van gestremdheidsverdrukking en –benadeling
aan die gang te sit, is deur middel van ’n integrasie van kliniese data met ’n hernude, psigoanalities
skatpligtige kritiese sintese van gestremdheidsgeoriënteerde navorsing in ‘n
verskeidenheid van vakdissiplines ontwikkel. Kliniese data is met behulp van psigo-analitiesgerigde
groepspsigoterapiesessies met fisiek swaar gestremde universiteitstudente versamel.
Volledige transkripsies en uitgebreide veld-aantekeninge is gebruik as data-rekord, wat dan
vervolgens deur middel van interpretatiewe, psigo-analitiese en “interpretatiewe autoetnografiese”
metodes geanaliseer is. Opvolg-onderhoude is gehou ten einde die mate van
weerklank en bruikbaarheid van die nuwe konsepte te evalueer. ’n Verskeidenheid teoretiese
bydrae is gekombineer ten einde die modernistiese kulturele en politieke stutte van
verdrukkende response tot die belemmerde liggaam te belig, en is voorts geïntegreer met
beskrywings van die sielkundige en verhoudingsmatige verknorsings van gestremdheid wat uit
die kliniese rekord vergader is. Onderwerpe wat uit die literatuur ontleen, krities geëvalueer,
ontwikkel en hersintetiseer is, sluit in die kultuur van narcisme, die gesin, “medikalisering”,
sosiale spieëling, geïnternaliseerde verdrukking, liminaliteit, sowel as uitbeeldings van
gestremdheid in barmhartigheidsdiens, kuns en bio-etiek. Die aard van teenoordrag-dinamieke
in terapeutiese werk met gestremdes is ook in oorweging geneem. Sleutelbegrippe ontleen aan
die kliniese data is ontwikkel en vootdurend herformuleer; hierdie sluit in die verwringing van
grenslyne, die diskoers van verlies, van beheer, onafhanklikheid, identiteit, medepligtigheid,
trauma, en die imperatief tot stilswye oor die subjektiewe ervaring van die gestremde lewe.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/1176
Date12 1900
CreatorsWatermeyer, Brian Paul
ContributorsSwartz, Leslie, University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0406 seconds