Return to search

Die invloed van die heropbou- en ontwikkelingsprogram op die strategiese bestuur van Suid-Afrikaanse ondernemings en die invloed daarvan op die Suid-Afrikaanse ekonomie

M.Comm. / Die hoofprobleemstellings behels die volgende : Sal 'n handhawing van die Heropbou en Ontwikkelingsprogram oor die algemeen as katalisator of stremmer van ekonomiese welvaart in Suid-Afrika dien? Water aspekte of onderafdelings van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram se toepassing sal as katalisators en water sal as stremmers van ekonomiese groei dien? Ook, met inagneming van die opinies verkry van ondernemingsbestuurders, ekonome en ander gesaghebbendes op die bogemelde probleemvrae, word die volgende van hulle bepaal : Word daar nog ruimte gelaat of sal daar nog duidelik omskrewe parameters bestaan waarbinne bestuurslui effektief strategies kan beplan vir hul ekonomiese voortbestaan? Sal Suid-Afrikaanse ondernemings dit nog moontlik vind om in terme van hul strategiese planne steeds te kan dien as die ekonomiese ontwikkelaars van Suid-Afrika? Sal handhawing van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram ondernemings se strategied om groeiende winste te lewer teenwerk of belemmer, en indien wel, tot water mate? Die vraag mag nou waarskynlik gevra word wat die doel daarvan is om te bepaal hoe die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram die strategiese beplanning van ondernemings sal beinvloed?

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9059
Date13 August 2012
CreatorsDe Jongh, M.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0018 seconds