Return to search

Strategic leadership, entrepreneurship and organisational change : a case study of Imperial Holdings Ltd.

Thesis (MBA)--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT:
The main purpose of this research report is to create a case study of the JSE listed company, Imperial Holdings Ltd. around the theme of strategic leadership, entrepreneurship and organisational development. In a nutshell – the development of an entrepreneurial organisation into a professional organisation.
The second purpose is to discuss literature around the theme of strategic leadership, entrepreneurship and organisational development. This topic was further broken down into five topics including strategic leadership, organisational strategy, owner start-up dynamics and entrepreneurship, owner transition and succession management, organisational and cultural change and the theory of organisational maturity development.
Imperial Holdings Ltd. is a diversified industrial services and retail group with activities spanning logistics, car rental, tourism, financial services, vehicle distribution and retail operating in South Africa, Africa, Europe and Australia. Imperial is listed on the Johannesburg stock exchange and the group is run on a decentralised management structure that actively encourages entrepreneurship, innovation and industry specific best practice.
The Imperial story is presented as two chapters. The first chapter covers the period 1948 to 2007 with a specific focus on Bill Lynch. He was CEO from 1990 to 2006 and was with Imperial from inception. Bill Lynch won the prestigious Ernest and Young World Entrepreneur award in 2006 and passed away almost a year later. With his passing came the world financial crisis in 2008 and a low period in Imperial‟s history.
The second chapter in the story brings Hubert Brody in as the new CEO of Imperial. He is a more cautious person with a CA (SA) background that brought many changes to Imperial‟s strategy and financial structure. In late 2009 and 2010 Imperial started to recover in terms of profit growth and share price.
Specific literature on the development of entrepreneurial organisations into professional organisations is almost nonexistent according to the researcher. Most literature found deals only with organisational development and transition management. All the literature is captured and summarised into a conceptual model that can be used in the development of entrepreneurial organisations into professional organisations. / AFRIKAANSE OPSOMMING:
Die hoofdoel van hierdie navorsingsverslag is om 'n gevallestudie op te stel t.o.v. Imperial Holdings Ltd. ('n gelyste maatskapy op die Johannesburgse Effektebeurs) rondom die tema van strategiese leierskap, entrepeneurskap en organisatoriese ontwikkeling. In 'n neutedop saamgevat – die ontwikkeling van 'n organisasie vanaf entrepeneursvlak tot 'n professionele vlak.
Die tweede doelwit is om inligting rondom die temas van strategiese leierskap, entrepeneurskap en organisatoriese ontwikkeling te ondersoek en te ontleed.
Hierdie onderwerp word verder opgedeel in vyf afdelings wat insluit strategiese leierskap, organisatoriese strategieë, die ontginningsdinamiek en entrepeneurskap van die eienaar, eienaarsoordrag- en opvolgingsbestuur, organisatoriese en kulturele veranderinge en die teorie agter volgehoue organisatoriese groei.
Imperial Holdings Ltd. is 'n gediversifiseerde industriële diens- en kleinhandelgroep met aktiwiteite wat logistieke dienste, motorverhuring, toerisme, finansiële dienste en voertuigverspreiding- en verkope in Suid-Afrika, Afrika, Europa en Australië insluit. Imperial is gelys op die Johannesburgse Effektebeurs en die bestuursmodel is gebaseer op 'n desentraliseerde bestuursstruktuur wat entrepeneurskap, vernuwende denke en industrie gekonsentreerde praktyke aanmoedig.
Die Imperial verhaal word aangebied as twee hoofstukke. Die eerste hoofstuk dek die periode 1948 tot 2007 met 'n spesifieke fokus op Bill Lynch. Hy was die hoof uitvoerende bestuurder vanaf 1990 tot 2006 en was daar vanaf die begin van Imperial se bestaan. Mnr. Lynch het in 2006 afgesterf, amper 'n jaar nadat hy die gesogte Ernest and Young World Entrepreneur toekennning verwerf het.
Na sy afsterwe het onder meer 'n wêreldwye finansiële krisis gevolg wat in 2008 'n lae periode in Imperial se prestasiemodel verteenwoordig.
Die tweede hoofstuk fokus op die nuwe uitvoerende besturende direkteur van Imperial, mnr. Hubert Brady, se bydrae tot nuwe groei en veranderinge op strategiese en finansiële vlak in die maatskappy. Hy is 'n meer konserwatiewe bestuurder met 'n CA (SA) agtergrond.
Dit was baie moeilik vir hierdie navorser om spesifieke literatuur en inligtingsmateriaal te vind oor die transformasie van entrepeursorganisasies na professionele organisasies. Meeste huidige navorsingsmateriaal fokus slegs op organisatoriese - en oorgangsbestuursmodelle. Al die materiaal in hierdie navorsingsverslag is versamel en saamgevat in 'n konseptuele model wat gebruik kan word in die ontwikkeling van entrepeneursorganisasies na professionele organisasies.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/8498
Date12 1900
CreatorsWalker, Erin
ContributorsUngerer, Marius, University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0021 seconds