Afrikaans text / Die doel van hierdie navorsing is om die stressors by oorblywende personeel na 'n
a.fleggingsproses in die Suid-Afrikaanse Lugmag(SALM), te meet en te beskryf Vanuit die
literatuuroorsig word die stressors in aflegging; die bedryfsimpak van stressors na 'n
afleggingsproses op organisasiegedrag en die konsepte stres, werkstres en organisasie stres
bespreek. Die empiriese navorsing word vanuit 'n funksionalistiese paradigma aangebied, waarteen
die behaviorisme en sistemiese skole die onderbou vorm.
Die navorsingsontwerp is 'n beskrywende studie en maak gebruik van 'n gestratifiseerde
proporsionele ewekansige steekproe£ Die ervaring van werk- en lewensomstandighede vraelys is vir
die meet van stressors in die organisasie gebruik.
Die resultate vertoon organisasiefunksionering, loopbaanaangeleenthede en vergoedings
aspekte as die vemaamste stressors by oorblywende personeel van die SALM.
Toekomstige navorsing kan temas soos die sielkundige kontrak, werksonsekerheid en
organisasieverbondenheid insluit.
Relevante sleutelwoorde is stressors in aflegging, oorlewendes sindroom, organisasie
klimaat, organisasie·agteruitgang en chroniese stres. / The aim of the survey is to identify and measure the stressors of survivors after a layoff
process in the South African Air Force (SAAF). The literature highlights stressors in layoffs; the industrial impact of stressors after a layoff process on organisational behavior and the concepts stress, workstress and organisational stress. The empirical research is presented from a functionalistic paradigm with behaviorism and systems
theory as foundation.
The research design is a descriptive study and make use of a stratified proportional sample. The
experience of work- and life circumstances questionnaire was used in the measurement of stressors.
The results show organisational functioning, career aspects and remuneration as the main stressors
of survivors.
Themes that can be incorporated in future research are the psychological contract, job insecurity
and organisational commitment.
Relevant keywords in the research are stressors in layoffs, survivor syndrome,
organisational climate, organisational decline and chronic stress. / Industrial and Organisational Psychology / MCom (Bedryfsielkunde)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/18086 |
Date | 05 1900 |
Creators | Bester, Willem Sterrenberg |
Contributors | Martins, Nico |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xiii, 104 leaves) |
Page generated in 0.0015 seconds