Return to search

Die Bestuur van vertragings en die gevolglike verlenging van konstruksietydperke op bouprojekte in die Republiek van Suid-Afrika

Vertragings in konstruksie-aktiwiteite wat tot verlenging van konstruksietydperke
op bouprojekte lei, hou wesenlike risiko's vir bouhere in en is dikwels bepalend van
sukses, al dan nie, daarvan
Die kontrakvoorwaardes van toe passing op bouprojekte magtig en verplig argitekte
om onder bepaalde omstandighede verlenging van konstruksietydperke toe te staan
of te weier. Die geldigheid van die grondslae waarop sodanige verlenging bereken
word, word bevraagteken en ondersoek
Om rigting aan die studie te gee, word die vergelykbare toedrag van sake op siviele
konstruksieprojekte voorgehou om as maatstaf te dien waarteen die posisie op
bouprojekte opgeweeg en geevalueer kan word Deur middel van ex post facto-navorsing op beskikbare data word ondersoek tot
watter mate bouprojekte in Suid-Afrika betyds of laat voltooi word en wat die
ordegrootte van tydige voltooiing en oorskryding van die oorspron.klike beplande konstruksietydperke is. Die omvang van vertragings, wat deur individuele faktore
elk afsonderlik op bouprojekte veroorsaak word, word ook ondersoek
Met behulp van die ontleding van antwoorde op vraelyste wat aan gekeurde
respondente gerig is, word ondersoek of die dienste van 'n onafhanklike
beplanningskonsultant aangewend kan word om in die beplanning en skedulering,
sowel as die uitvoering van die werke, die behoeftes/vereistes van beide die
bouheer en die aannemer te ondervang
'n Meer wetenskaplikverantwoordbare wyse vir die toedeling van die eienaarskap
van speling op bouprojekte en die wenslikheid van sodanige stappe, al dan nie,
word op 'n soortgelyke manier ondersoek
Gemelde ondersoeke lei tot bevindings en gevolgtrekkings wat teen
hipotesestellings getoets is. Voorstelle vir verdere navorsing in gebiede aanverwant
aan die onderwerp van die proefskrif is gemaak / Thesis (PhD)--University of Pretoria, 1998. / gm2014 / Construction Economics / restricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/33036
Date January 1998
CreatorsBrummer, Diederick Gerhardus
ContributorsKlapper, C. H., None
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rights©1998 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0018 seconds