Return to search

Flux enhancement in a spiral wrap ultrafiltration element by using backpulsing

Thesis (MScEng (Process Engineering))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die effek van teenpolsing op die aanvuiling van 'n 2.5-duim spiraal kruisvloei
ultrafiltrasie element is eksperimenteel ondersoek. Teenpolseksperimente met 'n
organiese (dekstraan) oplossing en 'n anorganiese (kaolien) suspensie is uitgevoer
deur gebruik te maak van 'n polipropileenmembraan (100 000 molekulêre massa
snypunt). Die konsentrasie van die dekstraanoplossing was tussen 250 en 750 mg/L
en die konsentrasie van die kaolien oplossing was tussen 100 en 300 mg/L.
Teenpolsing behels die aanwending van drukpolse van tussen 100 en 150 kPa aan die
kant van die produk (permeaat). Die polstussenposes het gewissel tussen 1 en 15 s
en die duur van die polse tussen 0.1 en 0.5 s. Die vloeitempo was tussen 500 en
1500 L/h, en die toegepaste druk was 100 kPa.
Eksperimentele resultate het getoon dat terugpols effektief was vir die vermindering
van membraanaanvuiling, en die verbetering van vloei deur die membraan. Met
aanhoudende terugpolsing het die netto vloei toegeneem met toenemende
terugpolsdruk. Daar was 'n effense toename met 'n toename in kruisvloeitempo en 'n
sterk afname met toenemende voeroplossingkonsentrasie. Die beste terugpols
parameters vir die twee verskillende aanvuilingsmateriale was soos volg: 0.2 s
polsduur, 3 s polstussenpose en 150 kPa terugopolsdruk vir die dekstraanoplossing;
en 0.2 s polsduur, 5 s polstussenpose en 150 kPa terugopolsdruk vir die kaoliensuspensie.
Die beste resulate behaal vir vloei onder hierdie kondisies was 3-maal en
1.5-maal hoër as die vloei behaal sonder polsing, vir dekstraan en kaolien,
onderskeidelik.
Nadat die membraan aan aanvuiling, gevolg deur terugpolsing, blootgestel is, is dit
skoongemaak deur skoon water met terugpolsing te gebruik. Die vloei van die skoon
membrane wat voorheen met dekstraan en kaolien aangevuil is was 62% en 71% van
die oorspronklike vloei, onderskeidelik.
Die Taguchi metode met 'n L9 ortagonale reeks is gebruik om die belangrike
terugpolsfaktore te bepaal wat 'n maksimum permeaatvloei tot gevolg gehad het. Die
polsdruk het die grootste effek op die membraanvloei gehad. Polstussenpose en
polsduur het 'n onbeduidende effek en die dwarsvloeitempo het 'n swak effek op
membaanvloei gehad. Daar moet egter opgelet word dat hierdie waarnemings slegs
van toepassing is binne die eksperimentele grense soos bepaal in die inleidende
ondersoek van hierdie studie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/3082
Date12 1900
CreatorsElarbi, Abdulghader
ContributorsBurger, A. J., Sanderson, R. D., University of Stellenbosch. Faculty of Engineering. Dept. of Process Engineering.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0017 seconds