Text in Afrikaans / Hierdie studie is onderneem omdat daar groat verskille tussen buitengewone en gewone onderwys bestaan en omdat hoofde van kindersorgskole self verantwoordelik is vir personeelontwikkeling en indiensopleiding in hul skole. Die studie dui aan dat kindersorgskole en dus die indiensopleiers eiesoortige doelwitte en metodiek moet he omdat die pedagogies verwaarloosde kind 'n unieke benadering en behandelingsprogram verg. Benewens die orienterende inleiding hieroor, word die mikpunte van sommige bepalings van die Wet op Kindersorg (Wet 7 4 van 1983} uitgelig. Onderwysbestuur as opgawe van die hoof en ander beheerpersoneel is deurgrond en in verband
gebring met die verskillende personeelbestuurstake en -funksies. In hierdie studie is gepoog om aktuele onderwyskundige probleme insake personeelontwikkeling en indiensopleiding ln die kindersorgskole te identifiseer en die implikasies daarvan vir onderwysbestuur in hierdie skole aan te toon. Laastens is enkele riglyne verskaf om die praktyk van personeelontwikkeling en indiensopleiding in die kindersorgskole te verbeter. / This study was undertaken because of marked differences between specialized and conventional education and also because principals of schools constituted under the Act on Child Care are themselves responsible for staff development and in-service training. The study indicates that child care schools, and therefore in-service trainers, must develop their own aims and methodology, because the pedagogically neglected child requires a unique
approach and treatment In addition to an introductory orientation in this respect some objectives incorporated in the Act on Child Care (Act 7 4, 1983} are highlighted. Educational management as a function of the principal and his control staff, is probed and brought into context with the different staff management tasks and functions.
This study endeavours to identify burning pedagogical problems re INSET in child care schools and indicates the implications thereof for their educational management Finally, some guidelines are given to alleviate or solve the problems in practice. / Educational Leadership and Management / M. Ed. (Onderwysbestuur)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/16160 |
Date | 11 1900 |
Creators | Swart, Willem Aron |
Contributors | Conradie, Johan Jozua |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (xi, 151, 25 leaves) |
Page generated in 0.0022 seconds