Return to search

Die gebruik van die interaktiewe witbord in geskiedenisonderrig : 'n gevallestudie

Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: The current era is characterised by the rapid development in the field of technology.
One of the fields in which technology is making great strides is education. This study
focused specifically on the use of the interactive whiteboard in the teaching of history.
South Africa’s educational system has undergone many changes over the past
decades. One of the biggest changes has involved the use and application of
information and communication technology in schools. There has been a move from the
traditional method of teaching (the use of the traditional blackboard) to the use of the
interactive whiteboard. The swift change in pedagogy has been ascribed to the growing
use of information and communication technology in classrooms and the worldwide
informational and communicational era in which we live. Like other countries, South
Africa has also made certain changes to be in line with the rest of world. South Africa’s
development in the use of the interactive whiteboard is still very limited and, as its
counterparts, it has its own specific challenges.
Research has shown that new opportunities and possibilities for teachers of history
have arisen through the use of the interactive whiteboard and that they need to be
exploited. Against this background, the following research question was formulated:
What are the innovation possibilities in the use of the interactive whiteboard in the
teaching of history?
The purpose of this qualitative study was to analyse, describe and explain the
experiences of five history teachers who were working with an interactive whiteboard in
their classrooms. The study was conducted within an interpretive paradigm which
guided the qualitative research design. A multiple case study was used within the
qualitative research design. Data were generated by means of semi-structured
individual interviews. The interview data were transcribed and analysed.
The findings show that the use of the interactive whiteboard has many advantages for
learning and teaching. Learners are now stimulated visually, perceptually,
kinesthetically and auditorily. The different interactions allow the learners to be stimulated in more than one way at a time. The interactions can be pedagogical,
physical, conceptual, technical or dialogical.
The findings also shown that, traditionally, too much emphasis was placed on the
source-based approach and the analysis of historical sources. It is no longer sufficient
for a history teacher to teach learners just one historical skill. There should be deliberate
attempts to teach learners to acquire all the historical skills.
It is essential for schools to emphasise the integration, the implementation strategy and
the maintenance of the interactive whiteboard. Moreover, it is essential for teachers to
be trained in the use of this educational tool, and regular opportunities must be given for
training. Teachers must first learn the basic computer skills before an interactive
whiteboard is installed in the classroom. The user’s outlook will determine how
effectively and successfully the interactive whiteboard will be used in the classroom. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die huidige era word gekenmerk deur die snelle ontwikkeling van nuwe tegnologie. In
die onderwys is een van hierdie ontwikkelinge die gebruik van die interaktiewe witbord.
In hierdie studie het die kollig geval op die aanwending van die interaktiewe witbord in
geskiedenisonderrig.
Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel het oor die afgelope dekades verskeie
veranderinge beleef. Een van die grootste veranderinge was ten opsigte van die
benutting en aanwending van inligting- en kommunikasietegnologie in skole. Daar is
van die tradisionele manier van onderrig (gebruik van die gewone skryfbord) na die
gebruik van die interaktiewe witbord beweeg. Die rede vir hierdie skuif in die
pedagogiek is die groeiende gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie in die
klaskamers en die wêreldwye snelle toename in die gebruik van inligtingstegnologie op
alle terreine. Soos die meeste lande het Suid-Afrika ook die skuif gemaak om in pas te
kom met die res van die wêreld ten opsigte van die gebruik van die interaktiewe witbord.
In Suid-Afrika is die ontwikkeling van die interaktiewe witbord nog redelik beperk en
soos die ander lande het Suid-Afrika ook sy unieke uitdagings en probleme.
Navorsing het getoon dat die interaktiewe witbord nuwe geleenthede en moontlikhede
vir die geskiedenisonderwyser na vore bring wat behoorlik ontgin moet word, met die
gevolg dat die volgende navorsingsvraag omstaan het: Wat die innovasiemoontlikhede
ten opsigte van die interaktiewe witbord in geskiedenisonderrig?
Die doel van hierdie interpretatiewe navorsing was om vyf geskiedenisonderwysers wat
tans met ’n interaktiewe witbord werk se ervarings te beskryf en te verduidelik. Die
studie is gedoen vanuit die interpretatiewe paradigma wat die kwalitatiewe
navorsingsontwerp gerig het. Binne die kwalitatiewe navorsingsontwerp is ’n
meervoudige gevallestudie gebruik omdat meer as een geval ondersoek is. Data is deur
middel van semi-gestruktureerde individuele onderhoude gegenereer. Die
onderhoudsdata is getranskribeer en verwerk.
Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za
iv
Bevindinge het getoon dat die interaktiewe witbord baie voordele vir leer en onderrig
inhou en dat die leerders nou visueel, perseptueel, kinesteties en ouditief gestimuleer
word. Hierdie voordele is te danke aan die verskillende interaksies wat die leerders met
die interaktiewe witbord het. Daar vind nou pedagogiese, fisiese, konseptuele, tegniese
en dialogiese interaksies plaas.
Verder is daar bevind dat daar tradisioneel te veel klem op die brongebaseerde
benadering en die analisering van historiese bronne geplaas is. Dit is vandag nie meer
vir ʼn geskiedenisonderwyser voldoende om vir leerders net enkele
geskiedenisvaardighede aan te leer nie. Daar moet dus doelgerigte pogings aangewend
word om vir die leerders al die vereiste historiese vaardighede aan te leer.
Dit is duidelik dat skole voortaan baie groot klem op die integrasie,
implementeringstrategieë en instandhouding van die interaktiewe witbord moet lê.
Daarbenewens is die opleiding van die onderwysers van kardinale belang en gereelde
geleenthede vir opleiding moet geskep word. Onderwysers moet ook eers oor die
basiese rekenaarvaardighede beskik voordat die interaktiewe witbord by ’n skool
geïnstalleer word. Die effektiwiteit van die interaktiewe witbord en hoe suksesvol dit in
die onderrig gebruik word, sal grootliks deur die ingesteldheid van die verbruiker
daarvan bepaal word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96782
Date04 1900
CreatorsLoock, Hougaard
ContributorsHorn, K., Carl, A. E., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format144 pages : illustrations, map
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0148 seconds