Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: This research investigates the utilisation of group supervision in the practice education
with undergraduate social work students. Supervision is an component in practice
education, as it is the process whereby students are guided and prepared for beginner
practice in social work.
The practice educator is responsible to plan and organise the students' work, provide
leadership in the group supervision sessions and evaluate the work performance of
students as set out in the practice education programme. The practice educators grant
students the opportunity to learn to integrate theory and practice in social work.
The learning needs of the students are assessed and compiled within an educational
assessment. These learning needs become the points for discussion for the content of
the educational programme. The educational programme is presented in the supervision
sessions.
Literature strongly supports the utilisation of group supervision in addition to individual
supervision. It is necessary that the practice educator determine the individual learning
needs of the group of students. The mutual learning needs of the students are
addressed within the group supervision sessions, once the learning needs of the group
are determined. Group supervision is not utilised in isolation as the practice educator
may have to consolidate the knowledge, skills and attitudes of students gained in the
individual supervision sessions.
The empirical study involved the use of qualitative and quantitative methods in order to
explore the theoretical part of the research. The sample consisted of sixteen practice
educators (N=16) who are presently supervising undergraduate students at the
Department of Social Work at the University of Stellenbosch. This section can be divided
into four sections: the nature of the training of practice educators, the knowledge, skills
and attitudes of practice educators with regard to the supervision functions of group
supervision, the process in group supervision and the general experiences of practice educators when utilising group supervision in practice education.
The findings and responsesof the practice educators were analysed and compared with
the findings from previous research undertaken by various authors. The study found
that although practice educators have a minimum of training in group supervision, they
have positive experiences of group supervision. The important aspects of group
supervision: the planning phase, the beginning phase and the ending phase in the
processof group supervision are dutifully practiced by practice educators. The utilisation
of group supervision links effectively with the education system of outcomes based
learning and teaching which has been adopted by the Department of Education in
Higher Education. The findings of this study can be utilised to apply group supervision to
a greater extent in the practice education with undergraduate social work students. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsingstudie ondersoek die gebruik van groepsupervisie in die praktykonderrig
van voorgraadse studente in Maatskaplike Werk. Supervisie is 'n komponent van
praktykonderrig waarlangs die studente deur die praktykopleier gelei word tot
beginnerspraktyk.
Die praktykopleier is verantwoordelik vir die beplanning en organisering van studente se
werk; moet die leierskap voorsien in die groepsupervisie sessies en moet ook die
studente se werkverrigting evalueer soos saamgestel in die onderrigprogram. Die
praktykopleier stel studente instaat om teorie en praktyk in Maatskaplike Werk te
integreer.
Die leerbehoeftes van die studente word gesamentlik bepaal deur die studente en die
praktykopleier en word binne die onderrigevaluering uiteengesit. Die leerbehoeftes van
die studente is die punte vir bespreking van die onderrigprogram. Die onderrigprogram
word aangebied in die supervisiesessies.
Literatuur ondersteun die gebruik van groepsupervisie gesamentlik met individuele
supervisie. Die praktykopleier bepaal die individuele leerbehoeftes van die studente in
individuele supervisie. Die ooreenstemmende leerbehoeftes van die studente word in die
groepsupervisie sessies aangespreek, nadat die leerbehoeftes van die groep vasgestel is.
Groepsupervisie word nie in isolasie aangebied nie, aangesien die praktykopleier die
leemtes ten opsigte van kennis, vaardighede en houdings in die individuele
supervisie sessies assesseer. Die leerbehoeftes word in die groepsupervisie sessies
aangespreek.
Die teoretiese doel van die navorsingsverslag word uitgebrei in die empiriese ondersoek
deur middel van die voltooiing van 'n vraelys. Die steekproef het bestaan uit
praktykopleiers (N=16) wat tydens 2001 voorgraadse studente van die Departement Maatskaplike Werk van die Universiteit van Stellenbosch geakkommodeer het vir
praktykonderrig.
Die empiriese studie word in vier afdelings bespreek: die aard van opleiding in
groepsupervisie van praktykopleiers: die kennis, vaardighede en houding van
praktykopleiers met betrekking tot die supervisiefunksies van groepsupervisie; die
uitvoering van die proses in groepsupervisie en die algemene ervaringe van
praktykopleiers wanneer hulle groepsupervisie in praktykonderrig toepas.
Die bevindinge en response van die praktykopleiers is geanaliseer en vergelyk met die
bevindinge van vorige studies wat deur verskeie outeurs onderneem is. Die studie het
bevind dat praktykopleiers groepsupervisie positief ervaar, ten spyte van 'n minimum
opleiding in groepsupervisie. Die belangrike aspekte van die beplannings-, begin- en die
eindfases in groepsupervisie, word baie deeglik deur die praktykopleiers aangewend in
groepsupervisie. Die benutting van groepsupervisie in die praktykonderrig van
voorgraadse studente ondersteun die onderrigsisteem van Uitkomsgebaseerde onderrig
en leer wat deur die Departement van Onderwys in Hoër Onderwys aanvaar is. Die
bevindinge van die studie kan gebruik word om groepsupervisie meer effektief in die
praktykonderrig van voorgraadse studente in Maatskaplike Werk te benut.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53185 |
Date | 03 1900 |
Creators | Williams, Rochelle Christa |
Contributors | Green, S., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Social Work. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 106 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0031 seconds