Return to search

Toekomstige rol van tegniese kolleges in die RSA : 'n onderwysbestuursperpektief

Met die implementering van die Wet op Tegniese Kolleges, 1981 (Wet 104 van 1981) het 'n nuwe tydvak vir hierdie inrigtings begin. Indien die kort tydperk waarin tegniese kolleges in hulle huidige vorm bestaan in ag geneem word, kan aanvaar word dat daar nog verskeie probleme op hierdie terrein le. In hierdie werk is daar gepoog om enkele relevante probleme aan te spreek. Met die toekomstige rol van tegniese kolleges in die RSA in gedagte is veral drie belangrike knelpunte ondersoek, naamlik:
* die werkterrein van tegniese kolleges;
* bestuurstrukture vir tegniese kolleges binne dieAfrikaanse onderwysstelsel; en
* die outonomie van kollegerade.
Ten einde hierdie probleme te kon deurskou, is die huidige posisie van naskoolse beroepsonderwys aan tegniese kolleges, en die bestuurstrukture van hierdie kolleges binne die Suid­ Afrikaanse onderwysstelsel, nagegaan. Uit die literatuurondersoek, wat ook die situasie van soortgelyke onderwysinrigtings in 'n paar oorsese lande insluit, het dit geblyk dat sekere aanpassings aan die bestaande stelsel gemaak sal moet word ten einde tegniese kolleges in staat te stel om hulle toekomstige rol in die RSA te kan vervul. Om die menings van kundiges op die gebied van tegniese kolleges en naskoolse beroepsonderwys oor genoemde knelpunte te bekom, is
'n kwalitatiewe studie uitgevoer. Tydens ongestruktureerde onderhoude met tien informante is beskrywende data ingewin. Om 'n meer volledige siening oor die aspekte te verkry is resente uitsprake
in toesprake, referate en skrywes bygewerk. Nadat alle data geanaliseer en bespreek is, is tot die gevolgtrekking gekom dat die wyse waarop tegniese kolleges huidiglik funksioneer aangepas sal moet word sodat hierdie inrigtings hulle toekomstige rol in die RSA sal kan vervul. Die vernaamste aanpas­sings wat aanbeveel word is:
* die werkterrein van tegniese kolleges moet so wees dat hulle onderrigprogramme inpas by die van technikons;
* die ideale bestuurstruktuur sal wees as alle tegniese kolleges
onder 'n sentrale onderwysdepartement ressorteer;
* die outonomie van kollegerade moet uitgebrei word; maar
* ten einde dit te kan doen sal kolleges gerasionaliseer moet word. / The implementation of the Technical Colleges Act, 1981 (Act 104 of 1981) introduced a new era for these institutions. If the short period of time in which technical colleges have been in existence in their present form is considered, it can be accepted that many problems still exist in this field. The researcher has endeavoured to address certain relevant problems. With the future role of technical colleges in the RSA in mind, three important aspects came under close scrutiny, namely:
* the fields of study of technical colleges;
* management structures for technical colleges in the South African education system; and
* the autonomy of college councils.
In order to deal with these matters, the present position of post-school vocational education at technical colleges and the management structures of these colleges in the South African education system were examined. The study of literature, which included the study of educational systems of similar institutions in several overseas countries, revealed that certain adjustments would have to be made to the existing system in order to enable technical colleges to fulfil their future role in the RSA. A qualitative study was conducted in order to acquire the opinions of knowledgeable persons in the field of technical colleges and post-school vocational education on the above-mentioned aspects. During unstructured interviews with ten informants descriptive data was elicited. In order to obtain a more comprehensive view of these aspects, recent statements in speeches, papers and articles were also taken into consideration. After all the data was analysed and discussed, the conclusion was reached that the way in which technical colleges are functioning at present will have to be modified to enable these institutions to fulfil their future role in the RSA. The most important modifications which are recommended are:
* the fields of study of technical colleges should be such that their instructional programmes fit in with those of the
technikons;
* the ideal management structure would be for all technical colleges to fall under a central education department;
* the autonomy of college councils should be extended; but
* in order for this to take place, colleges will have rationalised. / Educational Leadership and Management / D. Ed. (Onderwysbestuur)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/18504
Date06 1900
CreatorsWilliamson, James
ContributorsVan Wyk, Christo
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeThesis

Page generated in 0.0021 seconds