Return to search

Die gesin se rol in die voorkoming van adolessente se middelemisbruik : 'n maatskaplikewerk-perspektief

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2005. / ENGLISH ABSTRACT: During the researcher's work at the South African National Council for Alcohol and
Drug Dependence (SANCA), based at the Paarl-office, it was obvious that adolescent
substance abuse was growing into a huge governmental concern. During the first half
of 2004 the average age of patients at drug rehabilitation centres who used crystal
methamphetamine (streetname: "tik-tik") as their primary substance of abuse were
between the ages of 15-19 years. Crystal methamphetamine is the latest drug that has
taken the Western Cape by storm. It is obvious that the root of the problem is not
being addressed since the number of adolescents abusing drugs seems to increase
rather than decrease.
The goal and aims of the study focuses on the factors contributing to adolescent
substance abuse, parenting styles and -roles that contribute to adolescent substance
abuse, and providing guidelines to social workers regarding the role of the family in
the prevention of adolescent substance abuse. Adolescents have to deal with the new
changes that occur, together with aspects such as, peer pressure, negative self-image,
irresponsibility by the community and parents, poor parent-child relationships as well
as socio-cultural variables that often lead tot substance abuse. Parents were found to
be the role-models for their children and their parents' values, attitudes and behaviour
regarding alcohol and/or drugs influence the values, attitudes and behaviour of their
children. Therefore it seems that parents are primarily responsible for the prevention
of adolescent substance abuse and the research study aims at providing facilitation
skills on prevention strategies to social workers in order to successfully starting
prevention of adolescent substance abuse. The quality of a family-system seems to
have an important influence on adolescents in their growing up years, since
adolescents experience a variety of changes and have to learn how to handle and
accept these changes.
During the literature study it was found that a negative family environment and
negative experiences contribute to negative behaviour of adolescents, because the
family is the primary unit where children learn their values, attitudes and processes
that regulate their actions throughout their lives. A paradigm shift should be facilitated by social workers on maintaining healthy
family relationships regarding the prevention of adolescent substance abuse.
Supportive family-centred services therefore provide the best in adolescents' positive
development, as well as identifying the most important needs of adolescents. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorser was gedurende die navorsingstudie as 'n maatskaplike werker by Die
Suid Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkohol en Dwelmafhanklikheid (SANRA) te
Paarl aangestel. Na aanleiding van die werkslading kon die navorser tot die
gevolgtrekking kom dat adolessente se middelemisbruik groot bekommernis vir die
staat beteken. Gedurende die eerste helfte van 2004 was die gemiddelde ouderdom
van pasiënte in dwelmrehabilitasiesentrums wie crystal methamphetime (straat naam:
"tik-tik") as hul primêre middel van misbruik aangedui het, tussen die ouderdomme
van 15-19 jaar. Na aanleiding van statistieke is dit duidelik dat die kern van die
probleem nie aangespreek word nie, aangesien die hoeveelheid adolessente wie
middele misbruik toeneem anders as om af te neem.
Die doel en doelstellings van die studie fokus op die faktore wat bydra tot adolessente
se middelemisbruik, ouerskapstyle en -rolle wat bydra tot adolessente se
middelemisbruik, en die bied van riglyne aan maatskaplike werkers rakende die rol
van die gesin tot die voorkoming van adolessente se middelemisbruik.
Adolessente moet leer om die nuwe veranderinge in hullewens te hanteer, tesame met
aspekte soos groepsdruk, negatiewe selfbeeld, onverantwoordelikheid deur die
gemeenskap, swak ouer-kind verhoudings en sosio-kulturele veranderlikes wat
telkens tot middelemisbruik bydra.
Daar is gevind dat ouers die rolmodelle vir hul adolessente moet wees en dat ouerlike
waardes, houdings en gedrag rakende alkohol en/of dwelms die waardes, houdings en
gedrag van hul adolessente beïnvloed. Daarom blyk dit dat die primêre
verantwoordelikheid op die ouers berus tot die voorkoming van adolessente se
middelemisbruik en die navorsingstudie poog om die fasilitering van
voorkomingstrategieë aan maatskaplike werkers te bied ten einde die voorkoming van
adolessente se middiemisbruik aan te spreek. Die kwaliteit van die gesinsisteem het
'n belangrike invloed op adolessente in hul grootwordjare, aangesien adolessente 'n
verskeidenheid veranderinge ervaar en moet leer hoe om die veranderinge te hanteer
en te aanvaar. Gedurende die literatuurstudie is bevind dat 'n negatiewe
gesinsomgewing en negatiewe ervarings bydra tot negatiewe gedrag van adolessente, omdat die gesin die primêre eenheid is waar adolessente hul waardes, houdings en
prosesse aanleer wat hul aksies gedurende hullewens reguleer.
'n Paradigmaverskuiwing moet vervolgens deur maatskaplike werkers gefasiliteer
word tot die handhawing van gesonde gesinsverhoudings ten opsigte van adolessente
se middelemisbruik. Ondersteunende gesinsgesentreerde dienste bied vervolgens die
beste opsie vir adolessente se positiewe ontwikkeling, sowel as om die mees
belangrikste behoeftes van adolessente te identifiseer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50322
Date12 1900
CreatorsNoble, Shimonay Eunice
ContributorsEngelbrecht, L. K., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format89 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds