Return to search

Oppad na 'n bevryde kategese-bediening : n kritiese evaluering van die Nederduitse Gereformeerde Kerk se kategese-teorie en -praxis, en 'n moontlike alternatief

Text in Afrikaans / Die kategese-bediening van die tydelike kerkverband in die a1gemeen en die van die Ned. Geref. Kerk in die besonder, kan tegelyk 'n oorskatte en 'n onderskatte aangeleentheid wees. Hierdie kwessie kan, enersyds te doen he met 'n verskraalde visie op die mens se geloofsverhouding. as konkrete entiteit wat binne al die aspekte van die werklikheid funksioneer. Andersyds kan dit te make he met 'n ongenuanseerde onderskeiding tussen die tydelike kerkverband en alle ander samelewingsvorme.
Wanneer geloofverskraal word tot enkele aspekte van die volle werklikheid, word kategese oorskat as 'n aparte bediening, naas ander bedieninge in die gemeente. Dit het gewoonlik 'n 66rbeldemtoning van die
leer-aspek ten koste van die sogenaamde affektiewe en konatiewe aspekte van geloof tot gevolg. Dit veroorsaak noodwendig 'n oorbeklemtoonde skoolse benadering tot kategese.
Wanneer die tydelike kerkverband kosmologies nie duidelik van die ander samelewingsvorme onderskei word nie, word kategese aan die anderkant weer maklik onderskat. Dan word tipiese kerldike kategetiese'
werksaamhede, wat betrekking het op die hele werldikheid, vanuit 'n geloofsvisie, maklik verwar met opvoedingstake in die gesin en gemeenskap in 'n on-prinsipiele grensoorskryding. In 'n meer gebalanseerde visie op kategese, betoog die studie dat ons liewer oog behoort te lay daarvoor dat kategese een aspek van elke onderskeie kerklike bediening is. S6 verstaan, is kategese 'n onontbeerlike aspek [maar dan slegs 'n aspek) van die gemeente se uitreik-; barmhartigheids-; jeug-; erediens-; Bybelstudie-bedieninge. Die eiesoortigheid van die genoemde kategetiese faset van elk van die kerldike bedieninge verwys elke keer na die logies-analitiese kant van geloofsvonning. Laasgenoemde
het betrekking op die moontlike verdieping van die mens se geloofsverhouding met God deurdat gelooftaangeleenthede duideliker omlyn en omslaywe word.
En die beklemtoning van hierdie kategetiese aspek in elk van die bedieninge, is elke keer legitiem, afhangende van die konteks waarin die gemeente en die lidmate wat betrokke is, funksioneer.
Hierdie teorie oor kategese stel die tydelike kerkverband voor die uitdaging om al die lid.mate [nie net kinders nie] in hulle volle geloofsverhouding met God, tot ontsluiting van hulle hele lewe, in
geloofsgerigtheid op God, die Oorsprong van alle dinge te help betrek. Dit veronderstel tegelykertyd die bevryding van kerklike kategese om vernuwend en opbouend op die totale gemeente-bediening in te
werk. Langs hierdie weg poog Praktiese Teologie om werklik nie net 'n teorie te wees nie. / The church's religious education ministry in general and that of the Dutch Refonned Church in particular, could be an issue that is, at the same time, overestimated and widerestimated. On the one hand this issue could entail an attenuated vision on man's faith as concrete entity functioning within all aspects of the reality.
On the other hand it could entail an unclear distinction between the church as a temporary form of society and all other forms of society.
When faith is diminished to single aspects of the full reality, catechesis is overestimated as a separate ministry, next to other ministries in the congregation. This usually leads to an overemphasis of the
learning-aspect at the cost of the so-called affective and conative aspects of faith. This invariably leads to an overemphasized, school-like approach to catechesis.
On the other hand, when the church cannot cosmologically be clearly distinguished from the other societal fonns, catechesis is easily underestimated. In such a case, typical ecclesiastical catechetic
activities are, from a faith aspect point of view, easily confused with educational issues for example within the family and the community because no proper theoretical distinction is made between these
different forms of society.
In a more balanced vision of catechesis, the study argues that we should realize that catechesis forms but one aspect of each ecclesiastical ministry. Understood thus, catechesis is an indispensable aspect (but
only an aspect) of the congregation's outreach, charity, youth, worship and Bible-study ministries. This distinctive character of the said cathecismic facet of each of the ecclesiastical ministries refers time and
again to the logical-analytical side of faith fonnation. The latter concerns the possible enriching of man's total faith relationship with God as faith issues are outlined and defined more clearly.
This theory on catechesis attempts to challenge the church as a temporary form of society to include catechesis in all forms of ecclesiastical ministry, thereby ministering to all congregation members, not only to the children. This, at the same time, implies the liberation of ecclesiastical catechesis, so that it can have a renewing and constructive effect on the entire congregational ministry. / Practical Theology / D. Th. (Practical Theology)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/16947
Date04 1900
CreatorsHeyns, Martinus Hermanus
ContributorsHeyns, Louis, 1934-
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xvii, 289 pages)

Page generated in 0.0019 seconds