Return to search

Groepwerk as ’n onderrigstrategie vir die intermediêre fase-multigraadklas

Tesis voorgelê volgens die vereistes van die
M.Ed.
vir die Fakulteit van Onderwys en Sosiale Wetenskappe
te
Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, 2012 / Onderwys moet gesien word as ‘n sosialiseringsproses en leer in groepe as ‘n primêre leerbeginsel. Leerders moet deur interaksie hul sosiale, akademiese en geletterdheids-vaardighede verbeter.
Die navorsing het gepoog om antwoorde te verkry op die volgende vrae: In watter mate word groepwerk tans in die Intermediêre Fase-multigraadklas toegepas? Wat is die faktore wat groepwerk as ‘n onderrigstrategie vir geletterdheid in die Intermediêre Fase-multigraadklas ondersteun of verhinder? Wat is die effektiwiteit van ’n intervensieprogram om opvoeders te ondersteun in groepwerk as onderrigstrategie?
Hierdie navorsing wil bydra tot die implementering van geskikte groeponderrigstrategieë om goeie beplanning en organisasie in die multigraadklas te verseker. Dit wil opvoeders bemagtig om deur groepwerk multigraadklasse in die Intermediêre Fase effektief te onderrig, om sodoende verbetering in leerders se leer te bewerkstellig. Daar moet ook ‘n bewusmaking by die beleidmakers geskep word wat betref die uitdagings wat multigraad-onderwys inhou vir opvoeders.
Die navorser het met dié navorsing bepaal hoe groepwerk as ‘n onderrigstrategie in multigraadklasse in die Intermediêre Fase geïmplementeer kan word. Daar is egter in multigraadklasse waargeneem dat leerders nie oor die nodige vaardighede beskik om in groepe te werk en verantwoordelikheid vir hul eie leer en die van ander te aanvaar nie. Die opvoeders in die multigraadklasse is ook onkundig wat betref gepaste klaskamer-organisasie, beplanning, groeperingstegnieke en groepaktiwiteite vir die implementering van groepwerk.
Die ontwerpgebaseerde navorsingsmetode is in die navorsing gebruik. Dié navorsings-metode bestaan uit drie fases, naamlik: voorlopige navorsingsfase, prototipe-fase en die assesseringsfase.
<p></p>
ABSTRACT
Education should be seen as a socializing process and learning in groups as a primary principle of learning. Through interaction learners must improve their social, academic and literacy skills.
The research endeavoured to find answers to the following questions: To what extent is group work currently applied in the Intermediate Phase multi-grade class? What are the factors enhancing or hindering group work as an educational strategy for literacy in the Intermediate Phase multi-grade class? How effective is an intervention programme in supporting educators in group work as an educational strategy?
This research aims at contributing to implementing suitable group work strategies to ensure good planning and organization in the multi-grade class. It wants to empower educators in the Intermediate Phase to teach multi-grade classes effectively through group work, and in so doing bring about improvement in the way learners learn. Policy makers should also be made aware of the challenges facing educators of multi-grade education.
With this research the researcher determined how group work as an educational strategy can be implemented in multi-grade classes in the Intermediary Phase. It was, however, found that in multi-grade classes learners do not have the necessary skills to work in groups and take responsibility for their own learning and that of others. The educators in multi-grade classes are also ignorant concerning suitable classroom organization, planning, grouping techniques and group activities in implementing group work.
The design based research method was used in this research. The research method consists of three phases, namely: preliminary research phase, prototyping phase and assessment phase.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:cput/oai:localhost:20.500.11838/1875
Date January 2012
CreatorsCrous, Annelien
PublisherCape Peninsula University of Technology
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rightshttp://creativecommons.org/licenses/by-nc-sa/3.0/za/

Page generated in 0.0027 seconds