Return to search

Die integrasie van stelwerk- en letterkunde-onderrig met toespitsing op die media

Thesis (MEd) -- Stellenbosch University, 1991. / ENGLISH ABSTRACT: This study aims at contributing towards the improvement of
teaching, in secondary schools, of written composition and
literature in Afrikaans as a first language. ยท For this
purpose, an outline of the relevant literature is
presented.
It is evident that the teaching of Afrikaans is not
entirely sound. As simple solution does not exist;
however, this study is an attempt to improve the present
situation by focussing on integrated teaching and on the
implementation of the media.
Technological development puts the media within reach of
more people each day. Pupils spend a great deal of time
watching television, films and videos; or listening to the
radio, records and cassettes. They read newspapers and
magazines. This study maintains that the media should
therefore be utilized to advance the teaching of Afrikaans,
as all communicative skills will then improve in
particular reading and writing.
An integrative approach to teaching is widely recognised as
the ideal. Neuropsychological research has shown that the
human brain functions optimally when teaching is
integrated. Ideally, in regard to the teaching of a
language, composition writing and literature study should
merge.
The current South African curriculum does not as yet place
enough emphasis on this aspect.
This study concludes that there is a need for integrated
teaching to be introduced into the curriculum for Afrikaans
as first language. A second conclusion is that the media,
which can serve as device for blending written composition
and literature teaching, is not yet exploited effectively.
Pupils display an ardent interest in the media and it
follows that the media should be used intentionally and as
a prominent component of the teaching programme.
An integrated teaching programme, which focusses on the
media, is proposed in this study. Practical suggestions
are made in this regard, proving that the media can serve
as crucial point of integration for the teaching of written
composition and literature. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om deur 'n oorsig van die
relevante literatuur 'n bydrae te lewer tot die onderrig
van stelwerk en letterkunde in Afrikaans as Eerste Taal in
die senior sekondere skoolfase.
Dit is duidelik dat alles nie wel is met die onderrig van
Afrikaans nie. 'n Enkelvoudige oplossing is nie moontlik
nie, maar hierdie studie wil probeer om die betreklik
negatiewe beeld wat bestaan, te verbeter. Die invalshoek
wat gekies is, is die van mediagerigtheid. Die patr.oon wat
gevolg is, is 'n ge1ntegreerde onderrigbenadering.
Tegnologiese ontwikkeling plaas die media binne al meer
mense se bereik en dit is 'n werklikheid dat leerlinge baie
tyd aan televisie, rolprente, radio, musiekvideo's,
liedjies, koerante en tydskrifte bestee. In hierdie studie
is van die standpunt ui tgegaan dat hierdie tendens tot
voordeel van Afrikaans aangewend moet word om die media te
benut ten einde leerlinge se lees- e~ skryfvaardighede en
dus oak hulle kommunikatiewe vaardighede te ontwikkel.
'n Ge1ntegreerde onderrigbenadering word allerwee as die
ideaal erken. Neuropsigologiese navorsing het getoon dat
die menslike brein optimaal funksioneer wanneer onderrig
ge1ntegreerd aangebied word. Wat die komponente van taalonderrig
betref, is die ideaal dat die stelwerk en
"letterkunde ten nouste ge1ntegreer behoort te word. Die
huidige situasie in Suid-Afrika vertoon egter nog leemtes,
want binne die bestaande kurrikulum kom ge1ntegreerde
onderrig nog nie tot sy reg nie.
Die studie kom dan tot die eerste gevolgtrekking dat daar
wel 'n behoefte bestaan aan ge1ntegreerde onderrig in die
kurrikulum vir Afrikaans Eerste Taal. 'n Tweede belangrike
gevolgtrekking is dat die media as ontmoetingspunt van
stelwerk en letterkunde nie genoegsaam ontgin word nie.
Aangesien leerlinge so 'n intense belangstelling toon in
die media, is dit net logies dat die media grater
prominensie verkry binne die huidige kurrikulum deur die
bewustelike inskakeling van hierdie media in die
onderrigprogram.
Aan die hand van praktiese voorstelle en wenke is in
hierdie studie 'n ge1ntegreerde onderrigprogram vir
stelwerk en letterkunde met as fokuspunt die media,
voorgestel. Op die wyse is bewys gelewer dat die media wel
as integrasiepunt van stelwerk en letterkunde kan dien.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/69167
Date January 1991
CreatorsLe Cordeur, Michael Lucien Arnaud
ContributorsSmuts, R., Carl, A. E., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format160 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0229 seconds