Return to search

Media ethics in financial journalism : an investigation into the situation in South Africa

Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Financial reporting is one of the most vulnerable sectors of journalism for the occurrence of possible
unethical conduct. Financial journalists handle news with financial value and have access to
privileged market information which confront them with numerous ethical problems, namely the use of
press releases, the influence of public relations, the use of financial jargon, reporting on shares and
the securities market, journalists' dependence on analysts' opinions and recommendations, the
receipt of freebies and insider trading.
This assignment gives an overview of the incidence of unethical conduct in financial reporting in
South Africa. Ethical principles relevant for financial reporting, namely accuracy, truth and deception,
fairness, objectivity and conflict of interest are analysed, discussed and illustrated with incidences of
possible unethical behaviour in financial reporting.
The research method comprised the scrutiny of business sections of newspapers and articles in
finance magazines, articles from the World Wide Web, as well as sources on media ethics and
business journalism.
Accuracy in financial reporting is a necessity for sound journalism. The impact of press releases on
accuracy in financial reporting was investigated, but did not yield sufficient proof that they necessarily
lead to inaccurate reporting. Financial journalists' reliance on the opinions and recommendations of
business analysts, however, revealed a significant contribution to inaccurate reporting.
A chore journalistic value, truth establishes trust between the media and the public. Financial
reporting should promote understanding of the relevant facts, not only for readers with a keen interest
in financial matters, but also for the average audience. South African financial journalists use
excessive jargon, arcane financial data and affected language which may confuse and even mislead
the general reader.
Share price reporting in South Africa is generally factual and the investigation did not yield any
incidences of share punting among financial journalists. Analysts' reports, however, pose a serious
threat for media independence as financial journalists rely on their expertise.
Conflicts of interest arise when there is conflict between a journalist's professional loyalties and
outside interests. An investigation into possible insider trading in South African financial journalism did
not yield any proof of such incidences. The receipt of freebies, however, remains a grey area because
most codes of conduct of South African news agencies only prohibit the receipt of freebies which are
of more than nominal value.
Recommendations include advanced journalism training courses which will enhance journalists'
business writing skills and knowledge of basic Economics and finance, columns in financial
publications which explain financial jargon and a greater emphasis on media ethics. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Finansiële verslaggewing is een van die mees vatbare sektore vir onetiese optrede in die
joernalistiek. Finansiële verslaggewers het toegang tot vertroulike markinligting en doen beriggewing
wat finansiële waarde het. Daarom word hulle dikwels gekonfronteer met verskeie etiese probleme,
naamlik die gebruik van persvrystellings, die invloed van skakelbeamptes en woordvoerders, die
gebruik van finansiële jargon, aandele-beriggewing, die steun op analiste se menings en
aanbevelings asook die ontvang van geskenke ("freebies") en die bemarking, aanbeveling of koop en
verkoop van aandele.
Hierdie werkstuk gee 'n oorsig van die voorkoms van onetiese gedrag in finansiële verslaggewing in
Suid-Afrika. Etiese beginsels wat betrekking het op finansiële verslaggewing, naamlik noukeurigheid,
waarheid en misleiding, regverdigheid, objektiwiteit en botsende belange word ondersoek, bespreek
en toegelig met die voorkoms van moontlike onetiese gedrag in finansiële verslaggewing.
Die navorsingsmetode het berus op die bestudering van sake-bylae van koerante, artikels en saketydskrifte,
artikels wat van die Internet verkry is, en bronne oor media-etiek en finansiële
verslaggewing.
Noukeurigheid in finansiële verslaggewing is noodsaaklik vir goeie joernalistiek. Die ondersoek na die
invloed van persvrystellings op die noukeurigheid van finansiële verslaggewing het nie voldoende
bewyse gelewer dat noukeurigheid ingeboet word nie. Dat finansiële verslaggewers egter steun op
die mening en aanbevelings van analiste het getoon dat analiste se menings en aanbevelings dikwels
tot onakkurate verslaggewing lei.
Die waarheid is 'n kernbeginsel in joernalistiek en bewerkstellig vertroue tussen die media en die
publiek. Finansiële verslaggewing behoort 'n begrip van die toepaslike feite te bevorder - nie alleenlik
vir lesers wat belangstel in finansiële aangeleenthede nie, maar ook vir die gemiddelde leser.
Finansiële verslaggewers in Suid-Afrika gebruik oormatige jargon, ingewikkelde finansiële data en
geaffekteerde taal wat die gemiddelde leser kan verwar en mislei.
Aandele-beriggewing in Suid-Afrika is oor die algemeen feitelik en die ondersoek het nie getoon dat
finansiële verslaggewers aandele bemark of aanbeveel nie. Analiste se verslae bedreig egter die
onafhanklikheid van die media, omdat finansiële verslaggewers steun op hul kennis.
Botsende belange kom voor indien konflik ontstaan tussen 'n joernalis se professionele pligte en
belange van buite. 'n Ondersoek na die moontlikheid dat Suid-Afrikaanse joernaliste hul eie aandele
bemark of aanbeveel het egter geen bewyse van dergelike gevalle opgelewer nie. Die ontvang van
geskenke ("freebies") is egter 'n moeilike kwessie, omdat die meeste gedragskodes van Suid-
Afrikaanse nuusagentskappe slegs die ontvang van "freebies" verbied indien dit 'n nominale waarde
oorskry. Aanbevelings sluit in gevorderde joernalistieke opleidingsprogramme wat joernaliste se
finansiële skryfvermoë en kennis van Ekonomie en finansies verskerp, rubrieke in finansiële
publikasies wat finansiële jargon omskryf asook 'n beklemtoning van die belangrikheid van mediaetiek.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53497
Date04 1900
CreatorsPeyper, Liesl
ContributorsWasserman, Herman, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format45 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0122 seconds