Return to search

Strategic management and the Christian church : a mission-based framework for formulating strategy

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2004. / Binne alle soorte van organisasies is dit 'n sleuteldoelwit van bestuur om die organisasie se
bestaande sukses in die markplek te fasiliteer en die toekoms daarvan te verseker. "lndeed,
good strategy and good strategy execution are the most trustworthy signs of good
management" (Thompson & Strickland, 2003).
In die privaatsektor word formele strategiese bestuursraamwerke, modelIe en prosesse wyd
toegepas ten einde die formulering en implementering van doelmatige strategiee te
ondersteun. In die nie-winsgewende omgewing, insluitende religieuse organisasies soos
kerke, word strategiese bestuursmodelle nouliks gebruik.
Die akademiese literatuur bevat min oor strategie en die toepassing daarvan op religieuse
organisasies, wat kerke insluit. Hierdie tekortkoming het 'n geleentheid vir ondersoek
geskep.
Die navorsingsprobleem wat dus aangespreek word in die werkstuk is die volgende: Kan die
strategiese-formnuleringsraamwerk wat ontwikkel word in die besigheidsomgewing toegepas
of aangepas word om 'n betroubare raamwerk vir strategie formulering in die Christelike Kerk
daar te stel?
'n Uitgebreide literare soektog was onderneem. Dit sluit in materiaal oor strategiese bestuur,
ekonomie, sosiologie, sendingkunde en algemene kerkliteratuur. As sodanig vorm dit die
basis vir die ontwerp van 'n strategie formuleringsraamwerk wat bepalend is tot die
Christelike Kerk.
Alle Christelike Kerke is geroepe om in terme van die Groot Opdrag uit te reik en die
evangelie te verkondig. Dit vorm deurgans die kernsending vir kerke. Die voorgestelde
raamwerk erken die grondslag en sentrale rol van hierdie sending in die strategieformulering
van die Christelike Kerk. Om die rede is die raamwerk die sending-gebaseerde raamwerk
("mission-based framework-) genoem.
Hierdie sending-gebaseerde raamwerk erken die voordele van integrasie van die buite-in en
binne-buite benaderinge tot strategiesebestuur. Dit omsluit beide 'n eksteme en interne
ontledingselement.
Hierdie kernkonsep van sending is 'n verwysingspunt vir die ander elemente. Die eksterne
en interne analises word gedoen met verwysing na die sending. Die strategiese strekking
word ook gerig met die sending. Die analise-integrasie element kombineer die bevindinge
van die eksterne en interne analises. Die uitkoms word vergelyk met die strategiese
strekking, wat weereens in Iyn is met die sending. Die strategie wat geformuleer is, word
gemeet teen die sending.
Die sending-gebaseerde raamwerk is toegepas ten einde die gebruik daarvan te toets as 'n
instrument in die Kerk. In die werkstuk is die toepassing breed en gemik op die
voorbeeldsteliing van die proses. Die raamwerk kan nietemin toegepas word op verskillende
vlakke: industrie, kerklike of individuele kerkvlak.
Na voltooiing en dokumentering van die ondersoek, en gebaseer op die uitgebreide
akademiese en ander literatuur, is die navorsingsprobleem positief beantwoord. Die
strategie formuleringsraamwerke en modelle wat ontwikkel is binne die besigheidsomgewing
kan met kleinere verandering gebruik word om 'n geldige raamwerk te voorsien vir die
formulering van strategie in die Christelike Kerk.
Die kwessie van strategiese bestuur en die Christelike Kerk is op 'n bree en konseptuele
wyse aangespreek in die werkstuk. Dit het toegelaat vir toepasbare navorsing oor die
onderwerp. Nietemin is daar ander aspekte van ondersoek wat gevolg kan word en wat die
ondersoek derhalwe kan verbreed.
Daar is 'n beperktheid aan akademiese literatuur wat strategiese bestuur binne die
Christelike Kerk, aanspreek. Die ondersoek wat in die werkstuk weerspieel word, is
interessant en nuttig, en dit het op sekere wyse bygedra tot die uitbreiding van die
kennisliggaam.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50105
Date12 1900
CreatorsBarbour, Lynn
ContributorsOosthuizen, Hein, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format135 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0016 seconds