Return to search

'n Psigo-Sosiale Studie van Tienerswangerskappe in die Noordelike Stadsgebiede van die Kaapse Skiereiland

Philosophiae Doctor - PhD / Die verskynsel van tienerswangerskap kom in alle samelewingsvorme voor en toon 'n steeds stygende toename in alle wêrelddele sodat dit deur sommige outeurs as epidemies beskou word (Chelala, 1988: 22). Dit vorm deel van die toename in bevolkingsgetalle en die sogenaamde bevolkingsontploffing. Gevolglik word die demografiese tendense beïnvloed en so vorm tienergeboortes 'n belangrike bydrae tot bevol_kingsgroei Die studie van tienerswangerskappe kan egter nie in isolasie benader word nie. Dit vorm deel van 'n kringloop van verwante samelewingsverskynsels wat oorsaaklik of gevolglik mag wees, byvoorbeeld bevolkingstoename en ander demografiese tendense, armoede, swak behuisingstoestande, drankmisbruik en dwelmverslawing, gebrekkige voeding en onderwys, om maar net 'n paar te noem. In hierdie studie sal daar gepoog word om aan te dui dat tienerswangerskap in verband gebring moet word met die interaksie van 'n verskeidenheid van dinamies interafhanklike psigo-sosiale verskynsels. Verder sal daar ondersoek ingestel word om te bepaal watter psigo-sosiale faktore spesifiek by die voorkoms van tienerswangerskap betrokke is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/7490
Date January 1990
CreatorsTodt, Aletta Elizabeth
Contributorsdu Toit, J.B.
PublisherUniversity of Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
RightsUniversity of Western Cape

Page generated in 0.0019 seconds