Return to search

Die bestuur van die geintegreerde gehaltebestuurstelsel

Die doel van hierdie studie was om te kyk hoe effektief die Geïntegreerde Gehaltebestuurstelsel (GGBS), en wel die taksering van opvoeders, bestuur kan word om positiewe resultate by skole te bereik. Die studie is gedoen binne die Interpretivistiese benadering. Data-invordering is gedoen deur middel van vraelyste, observasie en onderhoude. Die studie het getoon dat opvoeders onseker was, juis omdat die Onderwysdepartement nie die nodige leiding gegee en die nodige hulpbronne gehad het nie. Die afgelope twee jaar ( 2006 en 2007 ) egter het die Departement skouer aan die wiel gesit en hulp aan skole verleen, hetsy deur die beskikbaarstelling van die nodige vorms, of die aanstel van ‘n koördineerder om hulp aan skole te verskaf. Die belangrikste uitkomste van die studie was die besef dat opvoeders se vrese en aannames aangespreek moet word om ‘n gehaltebestuurstelsel effektief te maak. Slypskole moet gehou word om hulp en bystand aan die getakseerdes te verleen. Die bestuurspan van die skool moet ook indiensopleiding ondergaan, sodat hulle presies kan weet wat van hulle verwag word. Op hierdie manier word onsekerhede uit die weg geruim, want onsekerheid was die grootste probleem waarmee opvoeders te kampe gehad het in die implimentering van die GGBS.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nmmu/vital:9540
Date January 2007
CreatorsJames, Raymond Oscar
PublisherNelson Mandela Metropolitan University, Faculty of Education
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MEd
Format97 pages, pdf
RightsNelson Mandela Metropolitan University

Page generated in 0.0023 seconds