Return to search

Tuberkulose in 'n geselekteerde gemeenskap in die Wes-Kaap : 'n gemeenskapsstudie

Thesis (MCur)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The Minister of Health identified tuberculosis as a National Health priority since
the incidence of tuberculosis in South Africa is increasing. The researcher
practiced as a community health nurse for seven years and was actively
involved with the community. It was experienced that irrespective well qualified
nursing staff and accessible and available health services, there was an
increase in tuberculosis in the Western Cape.
A non-experimental, descriptive, explorative study was conducted in a selected
community in the Western Cape to address the research problem:
What are the knowledge, perceptions, attitudes and treatment practices of
tuberculosis patients; their resources for support; and community leaders?
Structured interviews were held with 50 patients randomly selected from patients
attending the health clinic. Focus interviews were held with community leaders
purposefully selected for the research. A modified Photovoice technique was
also applied to the patients where they had to draw a picture of their feelings
when diagnosed with tuberculosis and the impact of the disease on themselves
and their environment.
The findings revealed a lack of information, major stigmatization of the disease,
and many patients not adhering to their treatment regimes. Most of the patients
had a negative idea of tuberculosis indicating that it always causes death.
Community leaders were very committed to assist in combating the problems in
their community. The findings indicated that health staff can be of more help to
the patient although they were generally satisfied with the care they received.
Recommendations include that health promotion programmes should be
planned in co-operation with community members to ensure that programmes
are appropriate and address the real needs of the community. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Minister van Gesondheid het tuberkulose as 'n Nasionale
Gesondheidsprioriteit geïdentifiseer aangesien daar 'n toename in die insidensie
van tuberkulose in Suid-Afrika is. Die navorser het vir sewe jaar as 'n
gemeenskapsverpleegkundige gepraktiseer en was aktief betrokke by die
gemeenskap. Die navorser het gevind dat daar 'n toename in tuberkulose in die
Wes-Kaap was ten spyte van goed gekwalifiseerde verpleegpersoneel asook
toeganklike en beskikbare gesondheidsdienste.
'n Nie-eksperimentele, beskrywende, verkennende studie is gedoen op 'n
geselekteerde gemeenskap in die Wes-Kaap om die navorsingsprobleem aan te
spreek:
Wat is die kennis, persepsies, houdings en behandelingspraktyke van
tuberkulosepasiënte, hulle ondersteuningsbronne en gemeenskapsleiers?
Gestruktureerde onderhoude is met 50 pasiënte gevoer wat ewekansig
geselekteer is uit pasiënte wat die kliniek besoek het. Fokusonderhoude is met
gemeenskapsleiers gevoer wat doelbewus geselekteer is. 'n Gemodifiseerde
photo voice tegniek is ook toegepas waar pasiënte 'n skets moes maak van hulle
gevoelens toe hulle die eerste keer met tuberkulose gediagnoseer is, asook die
impak wat die siekte op hulself en hulomgewing het.
Die bevindinge het gewys dat daar 'n gebrek aan kennis was, dat daar 'n
grootskaalse stigmatisering van die siekte was en dat baie pasiënte nie by hulle
behandelingsregimens hou nie. Die meeste van die pasiënte het 'n negatiewe
idee van tuberkulose en het aangedui dat dit altyd die dood veroorsaak.
Gemeenskapsleiers was baie hulpvaardig en alhoewel die meeste pasiënte
aangedui het dat hulle tevrede was met die sorg wat hulle ontvang het, was daar
tog aanduidings dat gesondheidspersoneel van meer hulp kan wees.
Aanbevelings sluit in dat gesondheidsbevorderingsprogramme in samewerking
met gemeenskapslede beplan moet word om te verseker dat die programme
toepaslik is en die werklike behoeftes van die gemeenskap aanspreek.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53201
Date12 1900
CreatorsVan der Walt, Stephanie
ContributorsWelmann, E. B., Stellenbosch University. Faculty of Medicine and Health Sciences. Dept. of Interdisciplinary Health Sciences. Nursing.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format114 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0031 seconds