Return to search

Verwesenliking van die regte van slagoffers van seksuele Kindermishandeling in die Suid-Afrikaanse reg

Die studie is onderneem om te bepaal of die Suid-Afrikaanse verjaringswetgewing die
verwesenliking van die regte van slagoffers van seksuele kindermishandeling beskerm Die
slagoffers van die misdaad het twee maniere waarop hul geregtigheid kan nastreef, naamlik
deur die instel van ʼn eis vir skadevergoeding of deur privaatvervolging. In die studie is die Suid-
Afrikaanse reg met betrekking tot eise gebaseer op delik vir skadevergoeding en verjaring van
kriminele aanklagte, asook die privaatvervolging in gevalle van volwasse slagoffers van seksuele
kindermishandeling, ondersoek.
Die Suid-Afrikaanse verjaringswetgewing is rigied geskryf en geen voorsorg was getref vir die
slagoffers van díe spesifieke misdaad nie. Verjaring gee regsekerheid vir die ortreder en die
slagoffer. Die Suid-Afrikaanse howe het hul plig nagekom om wetgewing so te interpreteer dat
dit internasionale standaarde na streef soos deur die Grondwet voorgeskryf. Hier is vasgestel
dat Suid-Afrika se verjaringswetgewing eise wat deur volwasse slagoffers van seksuele
kindermishandeling wat met die sequelae wat met hierdie misdaad geassosieer word ingestel is
akkomodeer. In Van Zijl v Hoogenhoudt1 som die regter soos volg op;
(1) chronic child abuse is sui generis in the sequelae that flow from it;
(2) distancing of the victim from reality and transference of responsibility by the victim on to himself
or herself are known psychological consequences;
(3) in the absence of some cathartic experience, such consequences can and often do persist into
middle age despite the cessation of the abuse during childhood
Uit Van Zijl v Hoogenhoudt en Bothma v Els 2 toon dat, alhoewel Suid-Afrika se
verjaringswetgewing nie opgestel is met die misdaad van seksuele kindermishandeling in gedagte nie, het die howe ons wetgewing geinterpreteer om te voldoen aan die bepalings van
die Handves van Menseregte en aan die internasionale konvensies waartoe Suid-Afrika ʼn party
is. Die howe het bepaal dat verjaring eers begin loop sodra die slagoffer ʼn verbintenis gemaak
het tussen die seksuele mishandeling en die negatiewe emosionele en sielkundige gevolge wat
daaruit spruit. Die beskuldigde behou steeds sy reg tot n spoedige verhoor al is daar ‘n lang
vertraging gewees vanaf die misdaad tot op die dag wat die eis/klag ingestel is. Werklike
nadeel vir die beskuldigde moet getoon word en nie net moontlike nadeel nie.
Die Handves van Menseregte3 stel dit dat in elke aangeleentheid wat die kind raak, die beste
belange van die kind deurslaggewend is. Een van die oogmerke in die Kinderwet4 is om te
verseker dat die beste belang van ʼn kind van deurslaggewende belang is in elke aangeleentheid
betreffende die kind. Artikel 28 van die Grondwet bepaal dat die kind beskerm moet word teen
mishandeling, misbruik, verwaarlosing, degradering, diskriminasie, eksploitasie en enige ander
fisiese, emosionele of morele leed of gevaar. Die regte van die kind moet gerespekteer,
beskerm en bevorder word. Daar moet sekerheid wees oor die vervulling van, en waking teen
enige inbreukmaking op die kind se regte. Die beste belange van die kind is die oorheersende
oorweging in alle aangeleenthede wat die kind raak. / Dissertation (LLM)--University of Pretoria, 2014. / lk2014 / Private Law / LLM / Unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/43336
Date January 2014
CreatorsAnker, G.
ContributorsBoezaart, C.J. (Trynie)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2014 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0023 seconds