Return to search

The management of the restructuring of technical colleges into further education and training institutions in Gauteng

D.Ed. / Die herstrukturering van Tegniese Kolleges tot Verdere Onderwys- en Opleidinginstellings in Gauteng, en in Suid-Afrika as 'n geheel, moet gesien word teen die agtergrond van transformasionele veranderings wat in die hele land plaasvind. Sedert 1994 het die hele land 'n transformasieproses ondergaan nadat 'n nuwe demokratiese regering oorgeneem het en verander het van 'n apartheidstelsel tot 'n verenigde demokratiese samelewing. Onderwys is ook nie onaangeraak gelaat deur die transformasieproses nie. Die hele onderwysstelsel, wat hoer onderwys, algemene onderwys en verdere onderwys insluit, is hierdeur geraak. Die fokus van hierdie navorsing is the Verdere Onderwys- en Opleidingsektor wat Tegniese Kolleges insluit. Met ander woorde, Tegniese Kolleges is net deel van die wyer Verdere Onderwys- en Opleidingsektor. Ander voorsieners van Verdere Onderwys- en Opleiding (VOO) sluit hoerskole wat Grade 10 to 12 aanbied, private voorsieners en indiensopleiers in. Seksie 29 (1) (b) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (SA, 1996) maak voorsiening daarvoor dat almal die reg tot verdere onderwys het wat die staat, waar redelik moontlik, meer en meer sal voorsien en toeganklik sal maak. In 1998 is die VOO Wet No. 98 (SA, 1998) aanvaar wat as die wetlike basis vir die transformasie van die VOO-sektor dien. Hierdie Wet bemagtig onder andere Lede van die Uitvoerende Rade in elk van die nege provinsies van Suid-Afrika om hulle VOO landskappe te herstruktureer. As deel van hierdie proses kon hulle Tegniese Kolleges tot Verdere Onderwys- en Opleidingsinstellings verklaar, laat saamsmelt of sommiges self sluit. Die 33 Tegniese Kolleges in Gauteng is verklaar tot Verdere Onderwys- en Opleidingsinstellings en later het 32 van hierdie kolleges saamgesmelt tot 8 groter kolleges. Om suksesvol te wees het die hele herstruktureringsproses behoorlike bestuur vereis. Die proses is op verskeie vlakke bestuur, naamlik op nasionale, provinsiale en instellingsvlak. Hierdie navorsing ondersoek die bestuur van hierdie herstruktureringsproses.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9767
Date07 September 2012
CreatorsManota, Piet
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0023 seconds