Return to search

Waste management practices at the University of Stellenbosch : an environmental management perspective

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: As the world enters a new millennium, global awareness of environmental issues have
reached new heights. No longer is the environment seen as an all-absorbing and allproviding
resource. Rather, there exists a greater awareness that without active
management, the inherent risks and hazards - posed by both the natural environment
and humankind's interaction with this environment - will be realised. In order to
ensure a sustainable co-existence, humanity's interaction with the surrounding.
environment must be managed in a responsible manner. In this regard, all aspects of
this interaction require attention. Various frameworks, manifested in a variety of
forms, have been proposed.
One of the most basic aspects of species existence is the generation of waste. Human
existence is no different. However, as a result of the variety of activities that
characterise humans' existence on Earth, the generation of waste represents the most
tangible and probably the most threatening aspect of this interaction. This study
focuses on waste management from an environmental perspective at a specific
institution, namely the University of Stellenbosch.
In terms of its findings, the study has established the applicability of various
regulatory and institutional frameworks within which the University operate. These
frameworks address the role of the University both in terms of waste management and
sustainable development. It has established the types of waste generated, the
generating processes, the storage, and removal and disposal characteristics of waste
management at the University. Waste management at the University is determined to
be complex and fragmented, the result of a variety of activities occurring. It has
established that limited waste minimisation and reduction activities occur, even
though the University had identified effective and efficient resource use as a strategic
priority. Although attempts at improving waste management are admittedly underway,
the study has found that adopting an environmental management system approach to
waste management will enable the University to meet pending legislative and
institutional environmental commitments. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die binnetree van 'n nuwe millennium het wêreldwye bewustheid van
omgewingskwessies nuwe hoogtes bereik. Die omgewing word nie meer bloot beskou
as 'n alles-absorberende en alles-voorsienende hulpbron nie. Veel eerder groei
bewustheid van die noodsaak vir aktiewe bestuursingryping om die gevare en
bedreigings inherent aan die natuurlike omgewing, en die mens se interaksie daarmee,
die hoof te bied. Ter wille van volhoubare saambestaan moet die mens-omgewing
interaksie op verantwoordelike wyse bestuur word. Alle aspekte van hierdie interaksie
vereis aandag en 'n verskeidenheid raamwerke in 'n verskeidenheid formate is
hiervoor voorgestel.
Die produksie van afval is een van die mees basiese kenmerke van lewensbestaan.
Menslike bestaan is nie daarbo verhewe nie. Weens die verskeidenheid aktiwiteite wat
menslike bestaan kenmerk, is die produksie van afval die mees tasbare en waarskynlik
mees bedreigende manifestasie van mens-omgewing interaksie. Hierdie tesis fokus op
afvalbestuur uit die invalshoek van die omgewing, soos dit beslag kry aan 'n
spesifieke instansie, naamlik die Universiteit van Stellenbosch.
Die studie het ten aanvang die implikasies van die verskeidenheid regulatoriese en
institusionele raamwerke waarin die universiteit opereer, bevestig. Hierdie raamwerke
omvat die rol van die Universiteit beide in terme van afvalbestuur en volhoubare
ontwikkeling. Die tipes afval wat aan die instansie gegenereer word is geklassifiseer
en die genererings-, opbergings-, verwyderings- en verwerkingsprosesse en
verantwoordelikhede is vasgestel en gedokumenteer. Afvalbestuur aan die
Universiteit blyk kompleks en gefragmenteerd te wees, hoofsaaklik as gevolg van die
wye verskeidenheid afval-skeppingsbronne wat hier aangetref word. Ook is bevind
dat, ten spyte van die instansie se identifisering van effektiewe hulpbrongebruik as 'n
strategiese prioriteit, slegs beperkte afval-inkorting en -reduksie aan die instansie
plaasvind. Hoewel daar tans 'n aktiewe proses geloods word om afvalbestuur te
verbeter, beveel die studie die aanvaarding, ontwerp en implementering van 'n veel
meer wydlopende en holistiese benadering in die vorm van 'n geïntegreerde
omgewingsbestuurstelsel aan. Slegs hierdeur sal die Universiteit in staat wees om aan
die volgende vlaag wetgewing rakende afvalbestuur te voldoen en ook
verantwoordelike omgewingsverbintenis te demonstreer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53218
Date03 1900
CreatorsMohamed, Ayub
ContributorsVan der Merwe, J. H., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Geography and Environmental Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 volume (various foliations) ; illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0094 seconds