Return to search

Die oorlewing van 'n Afrikaanse koerant in 'n veeltalige omgewing, met spesifieke verwysing na Die Burger (Wes-Kaap)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is primarily an examination of the effect of multilingualism on
Afrikaans newspapers, with specific reference to Die Burger (Western Cape).
The study also looks at the origin and development of South Africa's multilingual
dispensation, the effect of this on South Africa's press history, the newspaper market in
South Africa, how newspapers position themselves in this multilingual market, an outline
of Die Burger's potential and real market in the Western Cape, how Die Burger positions
itself in this market, the challenges and effect of multilingualism on Die Burger's market,
ways in which Die Burger handles this impact, and possible shortcomings in the handling
thereof.
The study further examines the effect of multilingualism on the financial and
operating management of newspapers, strategies for survival in a multilingual market,
the possible shortcomings of these strategies, and suggests possible solutions for these
shortcomings.
Through electronic media such as television, radio and the internet more and more
Afrikaans speaking people are exposed to English and it is likely and possible that
growing numbers of Afrikaans speaking people are able to communicate fluently in
English.
The possible effect of this may be that Afrikaans speaking people, Die Burger's
primary market, can, with growing ease, support Die Burger's direct competition, namely
English dailies.
Die Burger can therefore no longer depend on language loyalty, but have to compete
on level footing with English newspapers for Afrikaans readers. Because of the
uniqueness of the Die Burger's market there is no generic model for survival strategies
in this market.
Thus this study also examines influences on the Afrikaans market such as
globalisation, anglicization and the impact of the electronic media on language
preference and ability.
The study also examines the specific challenges for Die Burger, especially in terms
of not losing it's current readers, and secondly to survive in a market increasingly under
pressure from multilingualism. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is primêr 'n ondersoek na die invloed wat veeltaligheid het op
Afrikaanse koerante, met spesifieke verwysing na Die Burger (Wes-Kaap).
Daar word ook 'n ondersoek gedoen na die oorsprong en ontwikkeling van Suid-
Afrika se veeltalige bestel, die invloed van veeltaligheid op Suid-Afrika se
persgeskiedenis, die koerantmark in Suid-Afrika, hoe koerante hulle in dié veeltalige
mark posisioneer, 'n beskrywing van Die Burger se potensiële en werklike mark in die
Wes-Kaap, hoe Die Burger hom in dié mark posisioneer, die uitdagings en invloed van
veeltaligheid op Die Burger se mark, die maniere waarop Die Burger dié impak hanteer,
en moontlike leemtes in die hantering daarvan.
Die studie ondersoek verder die finansiële en bedryfsimpak van 'n veeltalige
samelewing op koerante, strategieë vir oorlewing in 'n veeltalige mark, moontlike
leemtes in dié strategieë, en doen moontlike oplossings aan die hand.
Weens die elektroniese media soos televisie, radio en die internet word al meer
Afrikaanssprekendes aan veral Engels blootgestel en is dit waarskynlik en moontlik dat
al meer Afrikaanssprekendes ook gemaklik in veral Engels kan kommunikeer.
Dit kan tot gevolg hê dat Afrikaanssprekendes, en dus Die Burger se primêre
teikenmark, met toenemende gemak ook Die Burger se direkte kompetisie, naamlik
Engelse dagblaaie, kan begin ondersteun.
Die Burger sal dus nie meer kan staatmaak op taallojaliteit nie, maar moet op gelyke
voet met Engelse koerante meeding vir Afrikaanssprekende lesers. Weens die uniekheid
van die mark waarin Die Burger hom bevind, bestaan geen generiese model wat
strategieë vir oorlewing binne dié mark uitstippel nie.
Dus word in die studie 'n ondersoek gedoen na die invloede op die Afrikaanse mark
soos byvoorbeeld globalisering, gepaardgaande verengelsing, en die invloed van die
elektroniese media op die mark se taalvoorkeur en -vaardigheid.
Die studie behels ook 'n ondersoek na die spesifieke uitdagings vir Die Burger, veral
in terme daarvan om eerstens sy huidige lesers te behou, en tweedens om te oorleef in
'n mark wat toenemend die invloed voel van veeltaligheid.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53384
Date04 1900
CreatorsLouw, Barend Jordaan
ContributorsRabe, L., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of Journalism.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formativ, 86 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0017 seconds