Return to search

Mapping the potential of veld fire occurrence in the mountain regions of the South Western Cape, using GIS

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Veld fires in the mountain regions of the South Western Cape are an annual occurrence.
These veld fires occur as a result of human, natural and unknown causes. The
Mediteranean weather conditions of the South Western Cape and its typical vegetation are
conducive to these fires. Within the mountain regions of the South Western Cape, the use
of fire can be advantageous for conservation and forest managers as a tool for fire
management e.g. preparation of fire belts, reduction of veld fire occurrence by burning
fuel load, rejuvenation of indigenous vegetation and enhancing the water yield of
surrounding areas within their management area. Abnormally high incidences and run
away veld fires within the management area of conservation and forest managers leads to.
the loss of biodiversity, destruction of properties and loss of human lives, and extensive
soil erosion. This study aimed at identifying factors contributing towards the occurrence
of veld fires in the mountain regions of the South Western Cape, and using GIS to analyse
spatially the contributing variables, and to generate seasonal veld fire hazard maps.
Potential veld fire occurrence on a seasonal basis was mapped using spatial analyses of
variables that are significant to the distribution of veld fires within the study area.
Variables used to assess potential veld fire occurrences were: vegetation, slope,
population density (human influence), proximity to roads, mean monthly maximum
temperatures and mean monthly rainfall. The veld fire hazard maps generated indicated
that potential for veld fire occurrence is high in the summer and autumn months,
decreasing to a low in the winter and spring seasons. The exception is the Southern Cape
sub-region where the possibility of veld fires can be quite high in winter as a result of
Fohn-like berg winds. These winds are characterized by sudden increases in temperature
and decreases in humidity that may pose severe fire hazards.
Reducing and containing veld fires in the mountain regions of the South Western Cape
depends on the effective use of the seasonal veld fire hazard maps. The maps can be used
to delineate critical zones of veld fire occurrence which can be used for evaluating costeffective
control measures and can be implemented to reduce the level of veld fire danger
within the management areas of conservation and forest managers. There is a need for a
Catchment Management System (CMS) (Richardson, Van Wilgen, Le Maitre, Higgins &
Forsyth, 1994) that can be used to generate daily probabilities of veld fire occurrence and
to link these to fire-spread models for predicting or simulating expected fire directions and
severities or intensities, and educating people about fires and the damage it can do. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Elke jaar kom daar veldbrande in die berggebiede van die Suidwes-Kaap voor. Die
oorsake van hierdie veldbrande is van menslike, natuurlike of onbekende oorsprong. Die
Mediterreense weersomstandighede en die tipiese plantegroei van die Suidwes-Kaap is
ook bevorderlik vir die ontstaan van veldbrande. In die berggebiede van hierdie streek kan
die gebruik van vuur egter ook tot voordeel van natuurbewaring en bosbou aangewend
word deurdat dit gebruik kan word as 'n metode om die brande te bestuur, soos in die
voorbereiding van brandpaaie, in die vermindering van die voorkoms van veldbrande deur
vooraf van die brandbare materiale af te brand, in die vernuwing van die inheemse
plantegroei en in die verhoging van wateropbrengs in die omliggende gebiede binne die
area wat bestuur moet word. 'n Abnormale hoë voorkoms van veldbrande binne die
bestuursgebied van bewarings- en bosboubestuurders lei egter tot 'n verlies aan
biodiversiteit, die vernietiging van eiendom, 'n verlies aan menselewens en uitgebreide
gronderosie. Die doel van hierdie studie was om die faktore wat bydra tot die voorkoms
van veldbrande in die berggebiede van die Suidwes-Kaap te identifiseer, om GIS te
gebruik om 'n ruimtelike analise van die bydraende veranderlikes te doen en om dan 'n
seisoenale veldbrandgevaarkaart saam te stel.
Die potensiële voorkoms van veldbrande op 'n seisoenale basis is gekarteer deur gebruik
te maak van ruimtelike analises van die veranderlikes van belang in die verspreiding van
veldbrande in die studiegebied. Die volgende veranderlikes is gebruik om die potensiële
voorkoms van veldbrande te bepaal: plantegroei, helling, bevolkingsdigtheid (invloed van
mense), afstand vanaf paaie, gemiddelde maandelikse maksimum temperature en
gemiddelde maandelikse reënval. Die veldbrandgevaarkaarte wat ontwikkel is, het
aangetoon dat die potensiële voorkoms van veldbrande hoog is in die somer- en
herfsmaande en dan afneem tot 'n laagtepunt in die winter en lente. 'n Uitsondering is die Suid-Kaap-substreek waar die moontlikheid van veldbrande selfs in die winter taamlik
hoog is as gevolg van Fëhn-tipe bergwinde.
Hierdie winde word gekenmerk deur In skielike toename in temperatuur en In afname in
humiditeit wat die brandgevaar skerp kan verhoog. Die vermoë om veldbrande in die
berggebiede van die Suidwes-Kaap te verminder en te beperk, sal grootliks afhang van die
effektiewe gebruik van die seisoenale veldbrandgevaar-kaarte. Die kaarte kan gebruik
word vir die afbakening van kritieke sones vir die voorkoms van veldbrande wat dan
gebruik kan word vir die evaluering van koste-effektiewe beheermaatreëls.
Hierdie kaarte kan dan geïmplementeer word om die vlakke van veldbrandgevaar binne
die gebiede waarvoor bewarings- en bosboubestuurders verantwoordelik is, te verminder.
Daar is In behoefte aan In opvanggebiedbestuurstelsel (OGB) (Richardson, Van Wilgen,
Le Maitre, Higgins & Forsyth 1994) wat gebruik kan word om daaglikse waarskynlikhede
vir die voorkoms van veldbrande te genereer. Dit kan gekoppel word aan
brandverspreidingsmodelle wat die verwagte rigting van brandverspreiding, asook die
ems of intensiteit daarvan, kan voorspelof simuleer. Die publiek moet ook ingelig word
oor veldbrande en die skade wat daardeur aangerig kan word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53495
Date04 1900
CreatorsAkinnusi, Olamigoke Adekunle
ContributorsSchloms, B. H. A., Zietsman, H. L., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Science. Dept of. Geography and Environmental Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format81, [30] p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds