Return to search

Die rol van maatskaplike faktore in die werksafwesigheid van vroulike fabriekarbeiders

Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: Workers absenteeism is a problem for many companies in South Africa. The
absenteeism of workers affects the productivity of companies. The social
worker in the industry plays a key role in the managing of workers
absenteeism. One of the goals of social work in the industry is to enhance the
productivity of workers. Consequently there is a lack of specifically South
African research on the social factors that influence worker absenteeism and
the role of the social worker to manage worker absenteeism.
A survey of international literature forms the starting point for the research
undertaken to fill this gap. The influence of social factors on worker
absenteeism is described. Three worker absenteeism approaches, namely
economical, psigological and sociological approaches are being used to
describe the social factors that influence worker absenteeism. The literature
view also offers management strategies to help combat worker absenteeism.
In the study there is being focused on the female worker because the
empirical study takes place at a company that manufactures clothes.
The empirical study describes the social factors that influence the
absenteeism of female workers working in the manufacturing company.
Proposals are made concerning ways to combat worker absenteeism, taking
into account the important role the social worker in the industry plays in
managing worker absenteeism. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Werknemerafwesigheid is vir baie fabrieke en firmas in Suid-Afrika 'n ernstige
probleem. Die werksafwesigheid van werknemers veroorsaak dat die
produktiwiteit van fabrieke en firmas beïnvloed word. Die maatskaplike
werker in die bedryf kan 'n belangrike rol speel in die hantering van
werknemerafwesigheid, omdat dit 'n doelstelling van maatskaplike werk in die
bedryf is om die produktiwiteit van werknemers te verhoog. Derhalwe is daar
'n gebrek aan spesifieke Suid-Afrikaanse navorsing oor die maatskaplike
faktore wat werknemerafwesigheid beïnvloed, en wat die maatskaplike werker
se rol is om werksafwesigheid te beperk.
'n Literatuurstudie word aangebied as vertrekpunt vir die navorsing wat
onderneem is om genoemde leemte aan navorsing te vul. Die invloed van
maatskaplike faktore op werknemerafwesigheid word bespreek. Drie
benaderings tot werknemerafwesigheid, naamlik ekonomiese, sielkundige en
sosiologiese benaderings word geondersoek waaronder die maatskaplike
faktore wat werknemerafwesigheid beïnvloed, bespreek word. Die
literatuuroorsig bied ook bestuurstrategieë om die werksafwesigheid van
werknemers te bekamp. Daar word spesifiek op die vroulike werknemer
gefokus omdat die empiriese ondersoek by 'n klerevervaardigingsfabriek
plaasvind.
Die empiriese ondersoek handel oor die maatskaplike faktore wat die
werksafwesigheid van vroulike fabriekarbeiders beïnvloed. Na aanleiding van
die bevindinge van die ondersoek word aanbevelings vir die hantering van
werknemerafwesigheid gemaak. Dit geskied met inagneming van die
belangrike rol wat die maatskaplike werker in die bedryf kan speel in die
hantering van werknemerafwesigheid.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52223
Date03 1900
CreatorsVenter, Frederika Magdalena
ContributorsGreen, S., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Social Work .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format108 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0014 seconds