Return to search

Die rol van die militêre maatskaplike werker by bestuursopleiding van die laevlakbestuurder in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: Because of changes and increasing demands within the workplace, it has been decided that
the frontline-manager within the SANDF ought to acquire particular interpersonal skills so as
to ensure optimum performance on the part of subordinates and to achieve organisational
objectives. The development of a management training programme for front-line managers
would fill this need.
This has resulted in a need to empirically test the role of the military social worker and the
management skills that the front-line manager ought to have acquired. The aim of the study is
to identify the knowledge and skills required by the military social worker by means of a
literature and empirical study and to empirically test possible content in a management
training programme. All social worker officers of the Western Province Medical Command
were involved in the empirical study. The findings of the empirical study are being used to
establish guidelines for the content of a front-line management training programme within the
South African National Defence Force.
Industrial social work is regarded as a relatively young area of specialisation in social work.
Because of this, a short historical overview is provided, with specific reference to the USA
and South Africa. Furthermore, emphasis is placed on the historical development of military
social work. The four positions relating to the practice model for military social work are
discussed to help identify the best position for utilisation in management training of front-line
managers.
The literature study determined that the ecosystem approach, because of its dual focus on the
person in the environment or the employee in the working environment provides a suitable
framework for the military social worker. The ecological approach serves as a basis for the
study. Against the background of recent literature, a complete survey of the management
tasks and skills of the front-line, as well as the human approach to management, is given. The
content of subjects which focus on the interpersonal skills of front-line managers in the
SANDF and which may be included in a management training programme are discussed.
In conclusion, the responses from military social workers of the Western Province Medical
Command are discussed and compared with the relevant literature. The literature study, and
the empirical results, are utilised to establish guidelines for a management training
programme for front-line managers in the SANDF. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Vanweë verandering en toenemende eise in die werkplek is daar besluit dat die
laevlakbestuurder in die SANW oor bepaalde interpersoonlike vaardighede behoort te beskik
ten einde optimale funksionering van ondergeskiktes te verseker en om
organisasie doelstellings te bereik. Die ontwikkeling van 'n bestuursopleidingsprogram vir die
laevlakbestuurder sou die leemte aanspreek.
Dit het die behoefte laat ontstaan om die rol van die militêre maatskaplike werker en die
bestuursvaardighede waaroor die laevlakbestuurder behoort te beskik, empiries te toets. Die
doel van die studie is om deur middel van 'n literatuur- en empiriese studie, kennis en
vaardighede waaroor die militêre maatskaplike werker moet beskik te identifiseer en die
moontlike inhoud van die bestuursopleidingsprogram empiries te toets. Vir die empiriese
studie is alle maatskaplikewerk-offisiere van die Mediese Kommandement Westelike
Provinsie gebruik. Die bevindinge van die empiriese studie word gebruik om riglyne daar te
stel vir die inhoud van 'n bestuursopleidingsprogram vir die laevlakbestuurder in die Suid-
Afrikaanse Nasionale Weermag.
Bedryfsmaatskaplike werk word as 'n relatief jong spesialisveld in maatskaplike werk
beskou, daarom word 'n kort historiese oorsig gegee met spesifieke verwysing na die VSA en
Suid-Afrika. Daar is verder klem gelê op die historiese ontwikkeling van militêre
maatskaplikewerk. Die vier posisies in die praktykmodel vir militêre maatskaplikewerk is
bespreek ten einde die beste posisie vir benutting in die bestuursopleiding van
laevlakbestuurders te identifiseer.
Met die literatuurstudie is vasgestel dat die ekosisteem-benadering as gevolg van sy
tweeledige fokus op die persoon-in-die-omgewing of die werknemer-in-die-werksomgewing,
'n toepaslike raamwerk vir die militêre maatskaplike werker verskaf. Die ekologiese
benadering dien as onderbou vir die studie.
'n Volledige oorsig word gegee van die bestuurstake en vaardighede van die
laevlakbestuurder, sowel as die menslike benadering tot bestuur, na aanleiding van resente
literatuur. Die inhoud van die onderwerpe wat fokus om die interpersoonlike vaardighede
van die laevlakbestuurder in die SANW en wat ingesluit kan word by 'n
bestuursopleidingsprogram, word bespreek.
Ten slotte word die response van die militêre maatskaplike werkers van die Mediese
Kommandement Westelike Provinsie bespreek en vergelyk met relevante literatuurbronne.
Die literatuurstudie sowel as die empiriese resultate word benut om riglyne daar te stel vir
inhoud van 'n bestuursopleidingsprogram vir die laevlakbestuurder in die SANW.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51722
Date03 1900
CreatorsLuitjies, Raelene
ContributorsCronje, J. I., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format93 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds