Return to search

n’Vergelykende studie t.o.v. dieaktiwiteite van stedelikeen Plattelandse swart amateur gemeenskapsteatergroepe in die apartheids era.

Magister Artium - MA / In studies oor die swart Afrikaanse amateur gemeenskapsteater is voorheen beweer dat die platteland geen oorspronklike en noemenswaardige bydra gelewer het nie. Hiedie studie rig hom op aktiwiteite van hierdie aard in die Wolseley/CereslW oreester-area en
bewys dié soort aannames verkeerd. Die swart Afrikaanse gemeenskapsteater van die area word hier beskryf gedokumenteer, maar terselfdertyd ook vergelyk met dit wat op dieselfde terrein in die stedelike gebiede van die Skiereiland plaasgevind het. Laasgenoemde was in die apartheidsjare meer dikwels openlik deel van die bevrydingstryd. Dit teenoor die meer sisteembevestigende aktiwiteite op die platteland. Oorsake hiervoor was onder meer die greep van die kerk op sy lidmate asook ook pogings om die gemeenskap van Ceres en
omstreke op te beur ná die vernietigend aardbewing van 1969. Ook die verliese ná gedwonge verskuiwing ingevolge die Groepsgebiedewet is deur dié soort vermaak besweer. Hierteenoor het die middel jare tagtig 'n nuwe, militante generasie leerders op die verhoog gebring.
Uit hulle het die streek se eerste anti-hegemoniese dramagroep voortgekom. Hulle het gesorg vir hulle eie treffende sisteem- kritiese drama. Hulle het ook grootliks bygedra om die gemeenskappe in die Boland en Karoo politiek bewus te maak.
Die studie wil hierdie gemarginaliseerde teatergebeure aan die vergetelheid ontruk en so 'n bydra
lewer tot 'n ewewigtiger Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis. / South Africa

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uwc/oai:etd.uwc.ac.za:11394/7520
Date January 1997
CreatorsJanuary, Cornelius
Contributorsvan Zyl, Wium
PublisherUniversity of the Western Cape
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of the Western Cape

Page generated in 0.0104 seconds