Return to search

n Geintegreerde beleidsraamwerk vir doeltreffende kusbestuur en volhoubare kusontwikkeling in die Kaap Agulhas distrik

Study project (MS en S)--Stellenbosch University, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to determine a framework for integrated and sustainable
development in the Cape Agulhas area. The researcher focussed on the policy context and
the opportunities and constraints for development in the study area. The relevant policy
documents concerning development activities in the study area, were analysed. These
policies contain key concepts for development. This includes concepts such as sustainable
development, equity, public participation, Co-operative Governance and integrated coastal
management. Development must aim to realise these concepts and the policies prescribe
processes and procedures accordingly.
Firstly, coastal management and control is necessary because coastal areas are multidimensional
and vulnerable to development activities. Secondly, the inequalities in society
as a result of Apartheid must be demolished. Legislation must prescribe active measures to
promote equality. Lastly, coastal management and control is necessary to promote cooperation
between the different participants for development and to enforce it, if necessary.
The main participants for the study areas are Co-operative Governance, the private sector
and the local community. The Overberg Distriiet Municipality and the Cape Agulhas
Municipality are of utmost importance. Municipalities have been identified as the
facilitators for development at local level. They must bring together the different
participants for development to co-operative and integrate development actions.
Legislation prescribes Integrated Development Planning (IDP) to promote co-operation
and integration between participants. It is a strategic planning process and integration is
the essence of the process. The IDP process for Cape Agulhas Municipality contains a
number of mechanisms for public participation. Opportunities and constrains for development in study area also determine which
development activities will be possible or not possible. The unique vegetation presents
opportunities for tourism but constrains development because it must be conserved as well.
The wildflower industry also offers economic opportunities. Marine resources present
opportunities for example fishing and abalone farming. Tourism however is the industry
with the greatest development potential for the study area. It can serve as catalyst for the
development of the region as a whole. The socio-economic reality of communities in the
area and the insufficient physical infrastructure are the main constraining factors for
development.
The case study focuses on the development priorities for Struisbay/L' Agulhas according to
the IDP and the Agulhas CoastCare Project. It is an example of the projects in the study
area with the aim to realise the development priorities mentioned above. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie is om 'n raamwerk vas te stel vir geïntegreerde en volhoubare
ontwikkeling in die Kaap Agulhas gebied. Die navorser het gefokus op die beleidskonteks
en die geleenthede en beperkinge vir ontwikkeling in die studiegebied. Die relevante
beleidsdokumente rakende ontwikkelingsaktiwiteite in die studiegebied, is ontleed. Hierdie
beleide bevat sleutelkonsepte vir ontwikkeling. Dit sluit konsepte in soos volhoubare
ontwikkeling, gelykheid, publieke deelname, Regering van Samewerking en geïntegreerde
kusbestuur. Hierdie konsepte moet nagestreef word en die beleide skryf prosesse en
prosedures voor in die verband.
Kusbestuur en kontrole is eerstens nodig omdat kusgebiede multi-dimensioneel is en
kwesbaar is vir ontwikkelingsaktiwiteite. Tweedens salongelykhede in die samelewing as
gevolg van Apartheid nie vanself uitgewis word nie. Wetgewing moet aktiewe stappe
voorskryf om gelykheid te bevorder. Laastens is kusbestuur en kontrole nodig om
samewerking tussen die verskillende rolspelers in ontwikkeling aan te moedig en af te
dwing indien nodig.
Die hoof rolspelers vir die studiegebied is die Regering van Samewerking, privaatsektor en
die plaaslike gemeenskap. Die Overberg Distriksmunisipaliteit en die Kaap Agulhas
Munisipaliteit is veral belangrik. Munisipaliteite is geïdentifiseer as fasiliteerders vir
ontwikkeling op plaaslike vlak. Hulle moet die verskillende rolspelers vir ontwikkeling
bymekaar bring om samewerking en integrasie van ontwikkelingsaksies te bevorder.
Geïntegreerde Ontwikkelingsbeplanning (GOP) word deur wetgewing voorgeskryf om
samewerking en integrasie tussen rolspelers te bevorder. Dit is 'n strategiese
beplanningsproses met integrasie wat die kern van die proses vorm. In die GOP proses vir
Kaap Agulhas Munisipaliteit is 'n aantal meganismes vir publieke deelname vasgestel. Geleenthede en beperkinge vir ontwikkeling in die studiegebied bepaalook in 'n groot
mate watter ontwikkelingsaktiwiteite moontlik sal wees en watter nie. Die unieke
plantegroei hou geleenthede in vir toerisme, maar beperk ook ontwikkeling deurdat
ditbewaar moet word. Die Veldblomindustrie bied ekonomiese geleenthede. Mariene
hulpbronne bied ook geleenthede byvoorbeeld visindustrie en perlemoenboerdery.
Toerisme is egter die industrie wat die grootste ontwikkelingspotensiaal inhou vir die
studiegebied. Dit kan dien as katalisator vir die ontwikkeling van die gebied as geheel. Die
sosio-ekonomiese realiteite van gemeenskappe in die gebied en die gebrekkige fisiese
infrastruktuur is die hoofbeperkende faktore vir ontwikkeling.
Die gevallestudie fokus op StruisbaaiIL'Agulhas se ontwikkelingsprioriteite uit die GOP,
asook die Agulhas CoastCare Projek. Dit is 'n voorbeeld van die projekte in die
studiegebied met die doelom die bogenoemde ontwikkelingsprioriteite te realiseer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52955
Date12 1900
CreatorsLourens, J. C. (Jan Christoffel)
ContributorsPienaar, W. P., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. School of Public Leadership.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format86 pages : illustations, maps
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds