Return to search

Ouers se belewing van hul seksueel getraumatiseerde kind

Verhandeling voorgele ter nakoming van die vereistes vir die graad Magister educationis in die Derartement Opvoedkundige Sielkunde aandie Universiteit van Zululand. Eng = Submitted to the Faculty of Education for the requirements of the Master of Educational Psychology at the University of Zululand, South Africa, 2006. / Afr: Die navorsingsondersoek is onderneem om nie-mishandelende ouers se belewing van hul seksueel getraumatiseerde kinders te bepaal omdat relatief min navqrsing internasionaai daaroor gedoen is en feitiik geen navorsing daaroor in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Daar bestaan nie ooreenstemming onder kundiges oor wat as seksuele misbruik beskou word nie en die mening word gehuldig dat 'n definisie daarvan 'n mynveld van vooroordele, voorafopgestelde menings en misleidende inligting is. In hierdie studie word die konsep seksuele traumatisering gebruik.

In die literatuurstudie is die rouproses as 'n kategorie gei'dentifiseer waaronder die volgende subkategoriee" resorteer skok en ongeloof, ontkenning, woede, skuldgevoelens en selfverwyt, skaamte en angs, blaam, vrees, depressie, verdriet en ambivalensie. Die ander geidentifiseerde kategoriee is die effek wat die seksueel getraumatiseerde kinders het op hul ouers se werk, kognitiewe dissonansie, sekondere traumatisering, herviktimitisering weens verskyning in die hof en posttraumatiese stresversteuring.

Terme soos "gesond", "tipies", "nonnaal" en "funksioneel", wat afwisselend gebruik word, dra by tot die problematiek rondom die beskrywing van 'n gesin. Die terme funksionele en disfonksionele gesinne word vanuit die algemene sisteemteorie se perspektief vir die doeleindes van hierdie studie aanvaar. Belewing, as 'n konsep waarop die studie gebou is, maak 'n belangrike deel daarvan uit, aangesien die ouers se belewing as skakel dien met hul seksueel getraumatiseerde kind.

Wat verantwoordbare hulpverlening en steun aan seksueel getraumatiseerde kinders en hul gesinne betref, vind staatstrakture dit vanwee finansiele tekorte moeilik om hul ontwerpprotokolle te implementeer. Sommige instellings (nie-regeringsorganisasies) kwyt hulle goed van hul taak betreffende hulpverlening en steun aan seksueel getraumatiseerde kinders en hul ouers. Eng:=
The research was undertaken to determine the experiences of non-abusive parents who have to
deal with their sexually traumatised child. Internationally, there is relatively little research
done on the subject and, in South Africa, almost none. Experts have failed to agree on the
concept of sexual abuse. The opinion is that definitions thereof often include prejudices,
predetermined meanings, and misleading information. In this study, the concept of sexual
traumatisation is used.
In the literacy review, the grief process has been identified as a category that consists of the
following subcategories: shock and disbelief, denial, anger, guilt feelings, self-recrimination,
shame and anxiety, inappropriate blame, depression, sadness, and ambivalence. The other
identified categories are the effect of the sexually abused children on their parents' work,
cognitive dissonance, secondary traumatisation, revictimisation due to court appearance, and
posttraumatic stress disorder.
Terms like "health", "types", "normal" and "functional", which are used interchangeably,
contribute towards the problematic nature of describing a family. For this study, the terms
"functional" and "dysfunctional families" was adopted from the perspective of the general
systems theory. Experience, as a concept on which the study was built, forms an important
part thereof, since the parents' experiences serve as a link with their sexually traumatised
child.
Regarding responsible and effective therapeutic intervention and programmes for sexually
traumatised children and their families, state structures find it difficult to implement their
design protocols due to financial constraints. Some institutions (non-governmental
organisations) are doing well in their task of therapeutic intervention and support to sexually
traumatised children and their families.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uzulu/oai:uzspace.unizulu.ac.za:10530/1045
Date January 2006
CreatorsCarolus, D.
ContributorsVermeulen, H., Sibaya, P.T., Urbani, G.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Formatapplication/pdf

Page generated in 0.002 seconds