Return to search

Die bemarking van professionele dienste met betrekking tot die rekenmeestersprofessie

M.Comm. / Professionele beroepe kan gesien word as beroepe wat deur persone beoefen word wat gekwalifiseerd is, in terme van parlimentere wetgewing en eksamen standaarde gestel deur regulerende liggame. Hierdie groepe beskou onafhanklikheid, objektiwiteit en waardigheid as van die belangrikste eienskappe wat die fondasie van hul beroepe norm. Vir 'n geruime tyd is clan geglo dat hierdie eienskappe die beste behou kon word deur 'n verbod op die verkryging van besigheid deur konvensionele kommersiele metodes. Hierdie verbod was gehandhaaf deur die instelling van rigiede gedragskodes en reels wat deur regulerende assosiasies en institute toegepas en gepolisieer is. 'n Verskeidenheid falctore soos dalende wins, verhoogde kompetisie en toenemende druk op owerheids instansies vir deregulering, het 'n hersiening van hierdie beginsels genoodsaak. Gedurende die afgelope dekade is Professionele Gedragskodes dwarsdeur die westerse wereld gewysig. Professionele beroepe het as gevolg daarvan begin om bemarking te gebruik om praktyke uit te bou. Suid-Afrika het stadig op hierdie druk gereageer. Hersiening was egter onvermydelik en teen 1991 was slegs die prokureurs professie (van al die themediese professies) onderhewig aan 'n volledige stel beperkende regulasies. Die nuwe vryheid het egter the gelei tot 'n astronomiese toename in die bemarking van professionele dienste nie. Dit was the nodig dat gedragskodes hersien moes word ten einde bemarking by professionele beroepe te kan toe pas nie. Beperkings was meestal geplaas op bemarkingsgereedskap, soos advertering, werwing en mededinging gebaseer op fooie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9875
Date10 September 2012
CreatorsKok, Riaan Dalton
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.008 seconds