Thesis (MA(MW))--University of Stellenbosch,2004. / ENGLISH ABSTRACT: An exploratory study was done on prevention programmes of substance abuse by high
school learners. This was done in order to: explore the factors leading to substance abuse
by high school learners; explore the conditions for successful substance abuse programmes
and compare it with existing programmes; and to determine how prevention programmes
for high school learners can be used in South-African schools. The motivation for this
study emerged as a result of the researcher’s involvement in prevention programmes for
adolescents in schools and on farms at the South-African Council for Alcohol and Drug
Dependency (SANCA) in the Paarl area. The objective of this study is to provide guidelines
to social workers for the effective implementation of substance abuse prevention
programmes for high school learners.
The literature study confirmed the need for effective prevention programmes and highlighted
the focus om the factors which leads to substance abuse. Emphasis is placed on risk
and protection factors involved with substance abuse. SANCA in Paarl’s adolescent community’s
risk and protective factors was investigated, because of the necessity to identify
these factors before a prevention programme can be designed.
The universum is the grade 10 learners of six schools in the Paarl area. One learner
out of each class represented the sample of 48 respondents. The study was done trough
a structured questionnaire. A combination of qualitative and quantitative information,
through the use of open and close-ended questions, was gathered. The results of this
study confirmed the results of the literature study, namely that the most important factor
leading to substance abuse, is peer group influence. However, a combination of strategies
and programmes are needed to develope a suitable programme for the specific community.
The recommendations focus on four areas. Firstly the conditions are described for an
effective prevention programme regarding the role of social workers, the use of assessment,
evaluation, models, theories and approaches. Secondly, recommendations are made for
techniques and general approaches. The third area gives directions for programme content.
The last area recommends a possibility for future research: the process, roles and type
of training needed to implement an effective and sustainable support group system in
schools, must be tested. / AFRIKAANSE OPSOMMING: ’n Verkennende studie vir voorkomingsprogramme vir middelmisbruik deur ho¨erskoolleerders
is gedoen ten einde: die faktore wat tot middele-misbruik deur ho¨erskoolleerders aanleiding
gee, te ondersoek; die voorwaardes vir suksesvolle middele-misbruikvoorkomingsprogramme
te verken en met bestaande programme in verband te bring; en te bepaal hoe
voorkomingsprogramme aan ho¨erskoolleerders in Suid-Afrikaanse skole benut kan word.
Die motivering vir die studie het gespruit uit die navorser se betrokkenheid by die Suid-
Afrikaanse Raad vir Alkohol- en Dwelmafhanklikes (SANRA) met die aanbied van voorkomingsprogramme
vir adolessente, op plase en in skole in die Paarl-omgwing. Die doel
van hierdie studie is dus om riglyne vir maatskaplike werkers daar te stel vir die effektiewe
implementering van voorkomingsprogramme vir middelmisbruik deur ho¨erskoolleerders.
Die literatuurstudie het die behoefte aan effektiewe voorkomingsprogramme bevestig en
die faktore wat lei tot middelmisbruik is ook uitgelig. Daar is veral gefokus op die risikoen
beskermingsfaktore hierby betrokke. Die studie is ingelei deur ’n ondersoek na die
risiko- en beskermingsfaktore wat ’n rol speel in die adolessente gemeenskap van SANRA
(Paarl), aangesien dit noodsaaklik is om hierdie faktore te identifiseer voordat ’n voorkomingsprogram
ontwerp word.
Die universum is graad-10 leerders van ses skole in die gebied. Een leerder uit elke klas
het die steekproef, van 48 respondente, verteenwoordig. Die ondersoek is aan die hand
van ’n gestruktureerde vraelys gerig. Kwalitatiewe en kwantitatiewe inligting is deur
middel van ’n kombinasie van oop en geslote vrae ingesamel. Die resultate van hierdie
ondersoek het die literatuurstudie bevestig, naamlik dat die hoof faktor wat aanleiding
gee tot middelmisbruik, portuurgroepinvloede is. ’n Kombinasie van verskeie strategie¨e
is nodig om geskikte programme vir spesifieke gemeenskappe te ontwerp.
Die aanbevelings fokus op vier areas, naamlik die voorwaardes vir ’n effektiewe voorkomingsprogram
rakende die rol van die maatskaplike werker, die gebruik van assessering,
evaluering, modelle, teorie¨e en/of benaderings en aanbevelings ten opsigte van tegnieke,
programvoorstelle en programinhoud. Die vierde en laaste area maak ’n aanbeveling vir
verdere navorsing: ’n Ondersoek na die proses, rol van en tipe opleiding nodig om ’n
effektiewe en volhoubare ondersteuningsgroepstelsel in skole te implementeer.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16372 |
Date | 12 1900 |
Creators | Kok, Elana |
Contributors | Engelbrecht, L., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | iii, x, 130 leaves : ill. |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0017 seconds