Return to search

Mite-poësie : die mite-skepping in die poësie van William Butler Yeats en Adriaan Roland Holst

In my kennismaking met die poësie van Yeats en Roland Holst het ek onvermydelik opgemerk dat hulle sekere simbole ooreenkomstig gebruik, dat hulle dieselfde hoë, aristokratiese waardes handhaaf en gevolglik 'n afkeer het van die moderne massa-demokrasieë. Later het ek ontdek dat albei digters sterk in die Keltiese mites en sages belang gestel het en dat Roland Holst Yeats as 'n belangrike invloed eien. Dit alles, en die feit dat hulle albei enkele gegewens uit die Griekse mitologie daarby voeg in wat hulle "mites" word, het my voorgekom as goeie rede vir 'n vergelykende studie. So 'n ideë-studie het egter gedreig om iets heel anders te word as die literêre beskouing wat ek beoog het. Geleidelik het dit egter geblyk dat die mite méér moet wees dan die ideë-sisteem; en juis dit waardeur die mite meer is dan ideë-sisteem het die belangrikste regverdiging geword vir 'n vergelykende studie, en terselfdertyd, vir 'n toespitsing van die aandag op die poësie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:3640
Date January 1967
CreatorsMilne, Sarah Elizabeth
PublisherRhodes University, Faculty of Humanities, School of Languages
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MA
Format135 leaves, pdf
RightsMilne, Sarah Elizabeth

Page generated in 0.0024 seconds