Bibliography: pages 161-168. / Hierdie studie het gemik op 'n herwaardering van Elise Muller se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Hennie Aucamp het met Elise Muller. Verhale en essays 1942-1981, die eerste stap tot herwaardering geneem ten opsigte van Elise Muller en haar prosawerk. So ook het Nel in haar skripsie met waardering gekyk na die bekende en haas onbekende werk van Muller. Hierdie nuwe kyk na die werk van Elise Muller word in die tesis verder gevoer. Dit poog om die onbekende, "ander" Elise Muller op die voorgrond te stel. Ten einde die "ander" Muller te belig, was dit nodig om te let op die tradisionele Muller. 'n Ondersoek na beide Muller se vernuwende en tradisionele bydrae tot die Afrikaanse letterkunde het dit duidelik laat blyk dat sy heel gebalanseerd en genuanseerd te werke gaan met die tradisionele Afrikaner ideologieƫ.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uct/oai:localhost:11427/21876 |
Date | January 1998 |
Creators | Lewis, Minnie Miriam |
Contributors | Van der Merwe, C N |
Publisher | University of Cape Town, Faculty of Humanities, Afrikaans and Netherlandic Studies |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Master Thesis, Masters, MA |
Format | application/pdf |
Page generated in 0.0021 seconds