Return to search

Die regulering van koolstofbelasting in Suid-Afrika / Eugene Kruger

Weerpatrone verander, droogte-geteisterde gebiede oorspoel en reenwoude
verdwyn. Hierdie drastiese gebeurtenisse kan toegeskryf word aan klimaatsverandering.
lnternasionale ingryping is nodig, maar 'n land kan nie in isolasie sender
die ondersteuning en betrokkenheid van elke land ter wereld klimaatsverandering
teenwerk nie. Die IPCC (Intergovernmental Panel on Climate Change) is 'n wat
ten doel het om die gevolge van klimaatsverandering te probeer minimaliseer.
Op internasionale vlak bestaan daar verskeie metodes om kweekhuisgasvrystellings
te verminder, byvoorbeeld die Joint Implementation (JI), Clean Development
Mechanism (COM), cap-and-trade model en die koolstofbelastingmodel.
Die doel van hierdie studie is om vas te stel hoe koolstofbelasting in Suid-Afrika
gereguleer word. Die studie fokus op die vermindering van koolstofdioksiedvrystellings
(C02) in besonder. Die bespreking word aangevul met 'n bespreking van
die Australiese koolstofmodelwetgewing, wat gedurende 2014 teruggetrek is.
Die voorgestelde koolstofbelastingmodel in Suid-Afrika is slegs op besprekingsvlak
en daar bestaan tans nog geen wetgewing wat C02-vrystelling direk reguleer
nie. Daar word tans gepoog om C02-vrystellings te verlaag deur enkele
markgebaseerde instrumente soos belastingtoegewings in artikel 12L van die
lnkomstebelasting Wet en omgewingsverwante belastingbepalings ingevolge die
Doeane en Aksynswet.
Hierdie skripsie beklemtoon die noodsaaklikheid van die regulering van C02-
vrystellings in Suid-Afrika en maak aanbevelings oor wysigings aan die
voorgestelde koolstofbelastingmodel en 'n potensiele koolstofbelastingwet. / LLM (Environmental Law and Governance), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015

Identiferoai:union.ndltd.org:NWUBOLOKA1/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/15347
Date January 2014
CreatorsKruger, Eugene
Source SetsNorth-West University
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0021 seconds