Return to search

Representations of significant others and the activation of interpersonal scripts

Thesis (DPhil)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: It is a general assumption in psychology that past social relationships and experiences influence present
social behaviour. With attachment theory and current social-cognitive theory as conceptual basis, the
present study focused on the association between past experiences with significant others and the current
processing of interpersonal information. By means of a 2x3x4 experimental design the study investigated
the influence of chronic accessibility and subliminal priming (of significant other representations) on the
accuracy and speed of processing scripted interpersonal information. One hundred and thirty seven
university students took part in two sessions no more than two weeks apart. In session one they
completed the Attachment Style Questionnaire (ASQ; Feeny, Noller & Hanrahan, 1994), and provided the
names of positive and negative significant others. According to a median split of the Confidence Scale of
the ASQ, they were assigned to a chronic positive or a chronic negative group, assuming that the
information based on predominantly positive or negative experiences with positive or negative significant
others will be chronically more accessible. In session two, in an individual computer task, they were
subliminally primed (33 ms) with a control word or the name of the positive or negative significant other to
increase the accessibility of the appropriate memory structures. They were then asked to read a positive,
negative, mixed or ambiguous script of an interpersonal event and complete a memory test of 36
interpersonal statements (nine positive, nine negative, nine ambiguous and nine filler statements). The
accuracy and response time for every statement was recorded, and the response times of accurate
responses for positive and negative scripts were included in the main analysis. Separate univariate
analyses of the differences between positive and negative priming per polarity of chronic group and script
supported the priming hypothesis. The average response time of the chronic negative group was fastest
when they received a negative prime (p = .039), and the positive group was fastest when they received a
positive prime (p = .000). The results of a two-way analysis of variance for chronic group and script
showed a highly significant interaction effect between chronic group and script (p = .000). When the
primes were congruent to the scripts, the chronic groups were significantly faster in recognising
statements from a congruent script. The results supported the conjunctive model of priming. The
implications of these findings for the understanding of the cognitive structures and processes involved in
processing interpersonal information are discussed, with specific reference to relational schemas and
attachment working models. Possible directions for future research as well as the application of the results
are also described. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Dit is ‘n algemene aanname in die sielkunde dat sosiale verhoudinge en ervarings uit die verlede ‘n
invloed het op huidige sosiale gedrag. Vanuit die bindingsteorie en die huidige sosiaal-kognitiewe teorie
as konseptuele uitgangspunt, fokus die huidige studie op die assosiasie tussen ervaringe met
betekenisvolle persone in die verlede en die huidige prosessering van interpersoonlike inligting. Met
behulp van ‘n 2x3x4 eksperimentele ontwerp is ondersoek ingestel na die invloed van chroniese
toeganklikheid en subliminale opwekking (van geheuevoorstellings van betekenisvolle ander) op die
akkuraatheid en spoed waarmee interpersoonlike tekste verwerk word. Eenhonderd-sewe-en-dertig
universiteitstudente het deelgeneem aan twee sessies wat nie meer as twee weke na mekaar plaasgevind
het nie. Tydens sessie een het die deelnemers die Attachment Style Questionnaire (ASQ; Feeny, Noller &
Hanrahan, 1994) voltooi en die name van positiewe en negatiewe betekenisvolle persone voorsien. Op
grond van die mediaan-verdeling van die Selfvertroue Skaal van die ASQ is die deelnemers toegewys aan
’n chronies positiewe of chronies negatiewe groep, met die veronderstelling dat inligting gebaseer op
oorwegend positiewe of negatiewe ervarings met positiewe of negatiewe betekenisvolle ander deurlopend
meer toegankilk sal wees. Tydens sessie twee, wat ’n individuele rekenaartaak behels het, is ’n
subliminale stimulus (33 ms) van ’n kontrole-woord, of die naam van ’n positiewe of negatiewe
betekenisvolle ander aan hulle aangebied om die toeganklikheid van die toepaslike geheue-strukture
verder te verhoog. Daarna is hulle versoek om ‘n positiewe, negatiewe, gemengde of dubbelsinnige teks
van ’n interpersoonlike gebeurtenis te lees en ’n geheuetoets van 36 stellings te voltooi wat bestaan het
uit nege positiewe, nege negatiewe, nege dubbelsinnige en nege neutrale stellings. Die akkuraatheid en
reaksiespoed van elke stelling is gemeet en die reaksietyd van die akkurate response op stellings uit
positiewe en negatiewe tekste is in die primêre ontleding ingesluit. Die resultate van onafhanklike
eenveranderlike ontledings van die verskille tussen positiewe en negatiewe opwekking per polariteit van
chroniese groep en teks, het die hipotese van opwekking ondersteun. Die gemiddelde responstyd van die
chroniese negatiewe groep was die vinnigste wanneer hulle die negatiewe stimulus ontvang het (p = .039)
en die van die positiewe groep was die vinnigste wanneer hulle die positiewe stimulus ontvang het (p =
.000). Die resultate van ’n tweerigting variansieontleding van chroniese groep en teks het ‘n beduidende
interaksie tussen chroniese groep en teks aangedui (p = .000). Wanneer die opwekkingstimuli kongruent
met die tekste was, was die chroniese groepe betekenisvol vinniger in die herkenning van stellings van
die kongruente teks. Die resultate ondersteun ’n konjunktiewe model van opwekking. Die implikasies van
die bevindinge vir die verstaan van die kognitiewe strukture en prosesse betrokke by die verwerking van
interpersoonlike inligting word bespreek, met spesifieke verwysing na verhoudingskemas en die
gebruiksmodelle in bindingsteorie. Riglyne vir toekomstige navorsing op die gebied word verskaf, en die
implikasies vir die praktiese toepassing van die resultate word bespreek.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16074
Date12 1900
CreatorsVan der Westhuizen, Le Roux
ContributorsMoller, Andre T., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Psychology.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxvi, 165 leaves : ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0025 seconds