Return to search

Wenkriteria vir konvensionele landgevegte

Text in Afrikaans / Hierdie studie is onderneem met die doel om 'n model te ontwikkel waarmee die wenner in 'n
konvensionele landgeveg voorspel kan word. Gegewe die omvang van die vakgebied oorlog,
is die studie beperk tot die taktiese vlak en fokus op landgevegte tydens konvensionele
oorlogvoering.
As eerste stap in die ontwikkelingpsproses, is die faktore wat wen kan bepaal krygskundig
nagevors. Die sogenaamde honderdgevegte-datastel is saamgestel uit data van 100 gevegte
uit die twintigste eeu en net vroeer, met die klem op gevegte waarin Suid-Afrikaanse magte
betrokke was. Verskeie statistiese tegnieke is ondersoek om 'n geskikte tegniek vir die
ontleding van die data te vind. Die ondersoek het aangetoon dat logistiese regressie die beste
tegniek is vir die data. 'n Ontwikkelingsproses met drie voorspellers is ook saamgestel.
Verskeie modelle is ondersoek, naamlik
1 'n Voorspellingsmodel met eensydige sub-modelle sonder gevegshouding, met
en sonder opponentdata.
I
2 'n Voorspellingsmodel met eensydige sub-modelle met gevegshouding, met en
sonder opponentdata.
3 'n Voorspellingsmodel met tweesydige sub-modelle met opponentdata..
Die ontwikkelingsproses lewer verskeie modelle wat baie goed presteer sensitiwiteit > 80%).
'n Finale keuse lewer die volgende resultaat:
1 Vir die geval waar opponentdata nie beskikbaar is nie, is 'n eensydige submode!
sonder gevegshouding ontwikkel waarvan die resultaat teen 'n
skeidingsgrens gemeet word om die uitslag te bepaal. Die model het 'n
sensitiwiteit van 85%, maar kan net 'n wen of gelykop, of, verloor of gelykop
voorspel.
2 Vir die geval waar opponentdata beskikbaar is, is 'n eensydige sub-model
ivsonder
gevegshouding ontwikkel wat in staat is om, deur die opponente se
uitslag met mekaar te vergelyk, die wenner aan te wys. Hierdie model het 'n
sensitiwiteit van 83,8%
Verskeie statistiese en krygskundige gevolgtrekkings word gemaak, die belangrikste waarvan
dat die gekose modelle wel daartoe in staat is om gevegsvoorspellings akkuraat te kan
uitvoer. Die modelle kan ook aangewend word om gevegte te ontleed en tendense te
verklaar. Krygskundig bevestig die resultaat die noodsaaklikheid van die
maneuvreringsbenadering en goeie leierskap.
Die resultaat van die studie het wye aanwendingspotensiaal op die gebied van die
krygskunde, krygsfilosofie, krygspele en militere operasionele navorsing en laat ruimte vir
interessante en noodsaaklike verdere navorsing in operasionele navorsing sowel as in die
krygskunde. / The aim of this study is to develop models for the efficient prediction of the outcome of a land
battle. The study is confined to conventional warfare at the tactical level.
The first step was to identify the variables that may determine victory. Thirty such variables
enjoying the support of various military historians and philosophers were selected. The
hundred-battle data set, consisting of coded data for a hundred twentieth-century battles, was
compiled. The thirty variables were encoded for each combatant. Since the outcome and
most of the prediction variables are binary but a few are continuous, ordinary linear regression
could not be used and several statistical and other techniques were evaluated. Logistic
regression was found to be the best. A formalized development and selection process was
applied to a number of broad model classes.
These were
1 prediction models with one-sided sub-models without combat posture and with
(without) opponent data
2 prediction models with one-sided sub-models with combat posture and with
(without) opponent data
3 prediction models with two-sided sub-models without combat posture and with
opponent data.
The process provided several very good models and the following were selected.
Without opponent data. A one-sided sub-model without combat posture, utilizing a
discriminator was selected. It determines the outcome with a sensitivity of 85%. However, it
only predicts victory or a draw, defeat or a draw.
With opponent data. A one-sided sub-model without combat posture was selected. It
predicts the outcome of battle by comparing the results of the two opponents. This model
vishowed
a sensitivity of 83,8%.
Several statistical and military scientific conclusions followed, the most important being that
the chosen models can accurately predict battle outcome or post facto determine the
outcome. The models can also be used to analyze battles. In this role they confirm the
importance of maneuver warfare and good leadership.
The results of this study can be applied in military science, military philosophy and war
gaming. The work fuses military philosophy with statistical analysis, is a first in the field and
offers the possibility of breaking out of the mind-set of personal views and biases prevalent in
military science. The method as such can be applied to different data bases representing war
at other levels or with other technologies. / Philosophy / D.Phil. (Philosophy)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17837
Date11 1900
CreatorsWagner, William John
ContributorsWolvaardt, J. S., Wessels, G. J. (Gysbert Johannes)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (xii, 208 leaves)

Page generated in 0.0022 seconds