Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000. / ENGLISH ABSTRACT: European cities offer a variety of attractions, activities and facilities to tourists.
One component of tourism in this urban context is cultural tourism which is a high
potential growth sector within the tourism industry. Cultural tourists travel to cities
mainly to see the most important and well known cultural attractions, to take part
in cultural festivities, to view the cultural treasures of the cities and to attend
performances and exhibitions. Other functions and activities such as retail
functions and types also occur in the vicinity of the important cultural attractions
of a city. Amongst these activities and functions are shops, cafés and
restaurants. In an area of a city where cultural attractions and retail types coexist,
the possibility exits that a spatial relationship between cultural tourism and
retailing may occur in the sense that the tourists who visit these attractions may
support the retail establishments in the vicinity of cultural attractions.
The city of Leuven in Belgium is a typical West European city with a variety of
cultural tourist attractions as well as functions which can be supportive of cultural
tourism. These functions include shops, cafés and restaurants. An investigation
was conducted to establish whether a spatial relationship exists between cultural
tourism and retail activities in the part of Leuven known as the Ring. The
geographical information systems TransCad, Arc/Info en ArcView were used for
the processing and analysis of retail and cultural tourism data gathered in the
Ring of Leuven. Three analytical procedures were performed separately for
shops, cafés and restaurants. These procedures comprised (a) the
determination of the numbers and types of supportive functions around the most
important cultural-historical tourist attractions, (b) the determination of the
numbers and types of supportive functions along the routes to cultural-historical
sites from tourist points of origin, and (c) the determination of the numbers and
types of supportive functions along guided-walk routes in the city. The analysis
results show that a (spatial) relationship does exist between retail and cultural tourism in the Ring of Leuven. On average 44% of the retail functions (shops,
cafés and restaurants) are located within a distance of up to saam from the six
most important cultural building attractions in Leuven (procedure 1). Retail
functions on guided-walk routes totalled 48% with cafés and restaurants being
the most abundant (procedure 3). Only 19% of retail functions are located
between points of origin and cultural building attractions (procedure 2). A more
detailed study should be conducted to establish the exact nature of the spatial
relationship which exists between retail and cultural tourism in the Ring of
Leuven. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Europese stede bied 'n reeks attraksies, aktiwiteite en fasiliteite vir toeriste. Een
komponent van die breër term toerisme in hierdie stedelike konteks is kulturele
toerisme wat 'n baie sterk groeisektor binne die toerismemark is. Kulturele
toeriste besoek stede hoofsaaklik met die doelom die belangrikste en bekendste
kulturele attraksies te besigtig, om aan kulturele feeste deel te neem, die
kunsskatte van stede te betrag en om teateropvoerings en tentoonstellings by te
woon. In die nabyheid van die belangrikste kulturele attraksies van 'n stad kom
ook ander funksies en aktiwiteite soos kleinhandelsfunksies en -tipes voor.
Hieronder ressorteer onder andere winkels, cafés en restaurante. In die
gedeelte van 'n stad waar kulturele attraksies en kleinhandelstipes naby mekaar
voorkom, kan die moontlikheid bestaan van 'n ruimtelike verwantskap tussen
kulturele toerisme en kleinhandel, in dié sin dat toeriste wat die attraksies
besoek, moontlik ook die kleinhandelstipes wat in die nabyheid van die kulturele
attraksies voorkom, salondersteun.
Die stad Leuven in België is 'n tipiese voorbeeld van 'n Wes-Europese stad met
'n verskeidenheid kulturele toeriste-attraksies asook funksies wat kulturele
toerisme ondersteun. Hierdie ondersteunende funksies sluit winkels, cafés en
restaurante in. In die deel van Leuven wat as die Ring bekend staan, is
ondersoek ingestel na die voorkoms, al dan nie, van 'n ruimtelike verwantskap
tussen kulturele toerisme en kleinhandel. Die geografiese inligtingstelsels
TransCad, Arc/Info en ArcView is ingespan vir die verwerking en analise van
data oor kleinhandel en kulturele toerisme in die Ring van Leuven. Drie
ontledingsprosedures is afsonderlk uitgevoer vir winkels, cafés en restaurante.
Hierdie prosedures behels (a) die bepaling van die aantal en tipes
ondersteunende funksies rondom die belangrikste kultuurhistoriese toeristeattraksies;
(b) die bepaling van die aantal en tipe ondersteunende funksies langs
die roetes tussen die toeriste-oorsprongpunte en die belangrikste kultuurhistoriese toeriste-attraksies; en (c) die bepaling van die aantal en tipe
ondersteunende funksies langs begeleide stadswandelroetes. Die
analiseresultate wys dat 'n verwantskap tussen kleinhandel en kulturele
toerisme, ruimtelik-gesproke, wel in die Ring van Leuven bestaan. Só is
gemiddeld 44% van die kleinhandelsfunksies (winkels, cafés en restaurante) tot
op In afstand van SOOmvanaf die ses belangrikste kulturele gebou-attraksies in
Leuven geleë (prosedure 1). Ook kom 48% van die kleinhandelsfunksies langs
die roetes van begeleide stadswandelinge voor. Hier is dit egter die cafés en
restaurante wat die grootste proporsies uitmaak (prosedure 3). 'n Gemiddelde
proporsie van slegs 19% van die kleinhandelsfunksies kom tussen
oorsprongpunte en die belangrikste kulturele gebou-attraksies voor. 'n Meer
omvattende studie moet onderneem word om vas te stel watter tipe ruimtelike
verwantskap tussen kleinhandel en kulturele toerisme binne Leuven se Ring
voorkom.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/51903 |
Date | 03 1900 |
Creators | De Witt, Emile Emile Adriaan) |
Contributors | De Necker, P. H., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Geography and Environmental Studies . |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 63 p. + 1 atlas |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0028 seconds