Return to search

Business management curriculum compatibility with requirements for success in the small business sector.

Hoër onderwys het oor die laaste aantal jare meer en meer onder die soeklig gekom. Baie vraagtekens is dan ook geplaas oor die kurrikulum van Ondernemingsbestuur. Daar word gevra of die kurrikulum werklik nog die behoeftes van die praktyk, die student en die kleinsake-ondernemings aanspreek. Verder word daar vereis dat so ‘n kurrikulum aan die vereistes van die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Owerheid sowel as die beginsels van uitkoms-gebaseerde onderwys sal voldoen. Hierdie studie poog om ‘n kurrikulum voor te stel wat hierdie behoeftes sal aanspreek Hierdie studie voorsien ‘n ontleding van die noodsaaklike elemente vir die doeltreffende en effektiewe bestuur van die kurrikulum in Ondernemingsbestuur. Die persepsies en ondervinding van kleinsake-eienaars en kleinsake-bestuurders ten opsigte van die bestuur van ‘n winsgewende besigheid te ondersoek. Daar word geglo dat hierdie persespsie en ondervinding implikasies vir die aspirasies van studente in die module kleinsakebestuur inhou, met betrekking tot die implementering en sukses van die kurrikulum van Universiteit van Johannesburg (Vista Universiteit). Die doel van die studie is om die moontlikhede van ‘n nuwe kurrikulum binne die konteks van kleinsake-ondernemings te ondersoek. Daar word gepoog om vas te stel hoe prakties uitvoerbaar so ‘n kurrikulum module inhoud sou wees teenoor die huidige kurrikulum module inhoud vir kleinsake-ontwikkeling. Om die doel te verwesenlik, het die navorser ‘n intensiewe literatuurstudie onderneem. Dit is gevolg deur ‘n empiriese studie in die volgende sektore: • Vervaardiging • Konstruksie • Persoonlike diensverskaffers • Handelsdiens en Ambagdiens • Finansiering / versekeraars / eiendomsagente / makelaars • Kleinhandelaars Die uitslae van die empiriese studie het die uitgangspunte van die literatuurstudie bevestig en het ondere andere getoon dat ‘n kurrikulum gegrond op uitkomsgebaseerde onderwys en terugvoering van die kleinsake-onderneming ‘n bruikbare en toepaslike oplossing is vir die opvoeding, opleiding en ontwikkeling van studente en toekomstige eienaars van klein sake ondernemings, binne die konteks van die werkomgewing van Suid-Afrika. Die bydrae van die studie lê in die daarstelling van ‘n pro-aktiewe kurrikulum in die studie en bestuur van kleinsake-ondernemings vir studente binne Ondernemingsbestuur wat in ooreenstemming is met die breë beginsels van die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk, asook gepaardgaande wetgewing. Die studie het ook aan die lig gebring dat sukses in die kleinsake-sektor behaal kan word deur die gaping tussen “onderwys en opleiding” en ook “teorie en praktyk” te oorbrug. / Dr. W. Mayhew

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:8395
Date22 April 2008
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds