Return to search

Analysis of capital sources, owner objectives, and determinants of performance of wine farms in the Western Cape

Thesis (MScAgric (Agricultural Economics))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika beskik oor ’n diverse kapasiteit wat
landbouproduksie betref en dit dra tot die sektor se algemene stabiliteit by; vandaar die
bevordering van die Wes-Kaap as ’n aantreklike beleggingsektor. Die wynbedryf, wat ’n
belangrike integrerende deel van die landbousektor in die Wes-Kaap uitmaak, speel ’n baie
belangrike rol in die ekonomie van die Provinsie en bied ontsaglike geleenthede met
betrekking tot landboukundige beleggings in die Provinsie. Die Suid-Afrikaanse wynbedryf
is bekend vir sy produkte van hoë gehalte. Tans word indirekte aanwysers soos die inkomste
van produsente, die aantal nuwe wynkelders, asook die ouderdomsamestelling van
wingerdstokke in Suid-Afrika, gebruik om die beleggings- netto toevloeiing in die wynbedryf
te bereken.
Die hoofdoel van hierdie studie is om die mees algemene bronne van kapitaal van wynplase
en die mees algemene doelwitte wat wynboere in die Wes-Kaap probeer om te bereik, te
identifiseer. Nog ’n doelwit is om daardie wynplaas- en eienaarskenmerke te identifiseer wat
die prestasie van wynplase in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika beïnvloed. Om die
ontleding te vergemaklik is die hoofprobleem in drie spesifieke doelwitte of subprobleme
verdeel. Die studie het van verskeie metodes en tegnieke gebruik gemaak in ’n poging om
relevante en akkurate data te verkry. Die verskillende bronne wat geraadpleeg is het
persoonlike beraadslaging met deskundiges in die bedryf, artikels wat in verskeie akademiese
vaktydskrifte en boeke gepubliseer is, referate wat by konferensies gelewer is, verhandelings
van nagraadse studente, en ander artikels op die Internet ingesluit. Data-ontledings wat met
die eerste en tweede subprobleme verband gehou het is met die gebruik van statistiese
pakkette soos Excel en Stata in die vorm van veelvoudige kruistabulerings uitgevoer. In die
derde probleem, naamlik om wynplaas- en eienaarskenmerke te identifiseer wat die prestasie
van wynplase in die Wes-Kaap beïnvloed, is ’n intervalregressiegelykstelling bereken deur
van die Stata- statistiese sagtewarepakket gebruik te maak. / ENGLISH ABSTRACT: The Western Cape Province of South Africa has a diverse agricultural production capacity
and this contributes to the sector’s general stability, hence its promotion as an attractive
investment sector. The wine industry, a significant component of the agricultural sector in the
Western Cape, plays a very important role in the economy of the Province and presents
enormous opportunities in terms of agricultural investments in the Province. The South
Africa’s wine industry is renowned for its high quality products. Currently, indirect indicators
such as producer income, the number of new wine cellars, as well as the age composition of
vines in South Africa, are used to estimate investment net flows into the wine industry.
The main objectives of this study are to identify the most common sources of capital in wine
farms and the most common objectives that wine farm owners are trying to achieve in the
Western Cape Province. Another objective is to identify those wine farm and owner
characteristics that affect the performance of wine farms in the Western Cape Province of
South Africa. For ease of analysis, the main problem was divided into three specific
objectives or sub-problems. The study employed a number of methods and techniques in an
effort to obtain relevant and accurate data. The different sources consulted include personal
communications with industry experts, articles published in different academic journals and
books, conference papers, postgraduate students’ theses, and other articles from the internet.
Data analyses relating to the first and second sub-problems were carried out using Excel and
Stata statistical packages and took the form of multiple cross-tabulations. In the third
subproblem i.e., to identify wine farm and owner characteristics that affect the performance
of wine farms in the Western Cape, an interval regression equation was estimated using Stata
statistical software package.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/2025
Date12 1900
CreatorsNakana, Elvis
ContributorsMkhabela, T.S., University of Stellenbosch. Faculty of Science. Dept. of Agricultural Economics.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0026 seconds