Return to search

Captive insurance companies : a theoretical and empirical study

Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: Much research has been done on risk coverage within the field of the traditional insurance
market, but the concept of alternative risk transfer is fairly new to the world of risk
management. The need for more innovative, multi-faceted approaches to meet possible
losses, together with the growing resistance to the cross-subsidisation inherent in traditional
insurance, has initiated the development of the captive insurance industry as an alternative
risk transfer mechanism.
The objective of this research was to study the application of captive insurance as a risk
management mechanism for managers. The objective comprised a modelling approach for
managers to handle the strategic implications of establishing and operating a captive insurer.
The tasks that were required for this assignment were as follows:
• The completion of a literature study of the basic theory available on captive insurance as
an internal risk financing mechanism for management;
• The collection of relevant empirical information on the subject by means of
questionnaires, which had to be based on the literature study;
• The critical analysis of the collected data; and
• The development of a decision-making model based on the outcome of the available
information, that could provide a practical guideline for management to decide on the
establishment and operation of a captive insurer.
Twenty-five questionnaires were sent out during February 2003 to cover all the registered
onshore and cell captive insurance companies in South Africa. Offshore insurance
companies could not be included in this study due to article 33 of the Reserve Bank's Act
no. 90 of 1989 regarding confidential information. Of the 25 captive insurance companies,
21 companies completed the questionnaires, and three respondents declared that they did not
perform captive insurance activities anymore. A response rate of over 95 per cent is
therefore achieved.
The information obtained from the questionnaires was summarised on a SPSS spreadsheet
and subjected to a statistical analysis to form the bases for the empirical investigation. The
results of the empirical study for onshore and cell captive insurers leads to conclusions regarding the importance of the objectives needed for establishing and operating the captive
Insurer.
The three most importantfactors which should determine the decision of a holding company
to establish an onshore captive insurer were identified as the financial commitment of the
holding company, the spreading of the risks of the holding company, and the retention
capacity of the holding company. The three most importantfactors which should determine
the decision of a holding company to operate an onshore captive insurer are the retention
capacity of the holding company, the financial commitment of the holding company, and the
management commitment of the holding company.
The three most importantfactors which should determine the decision of a holding company
to establish a cell captive insurer were identified as the spreading of the risks of the holding
company, the retention capacity of the holding company, and the financial commitment of
the holding company. The three most importantfactors which should determine the decision
of a holding company to operate a cell captive insurer are the financial commitment of the
holding company, the spreading of the risks of the holding company, and the management
commitment of the holding company.
A decision-making model for both onshore and cell captive insurers was developed as a tool
for risk managers when deciding on the establishment and operation of a captive insurer as
part of their risk management programme. The resulting conclusions and recommendations
of this assignment are largely based on the personal viewpoints of the captive insurers active
in the South African captive insurance industry. It is therefore recommended that future
research also includes the role and views of the holding companies. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Heelwat navorsing is alreeds oor die tradisionele versekeringsmark ten opsigte van
risikodekking gedoen, maar die konsep van alternatiewe risiko-oordrag is nog redelik nuut
in die vakgebied van die risikobestuur. Die behoefte aan meer innoverende multivlak
benaderinge om moontlike verliese te beperk, tesame met die toenemende weerstand teen
kruissubsidiëring inherent aan tradisionele versekering, het tot die ontwikkeling van die
gebonde (gevange) versekeringsbedryf as 'n wyse van alternatiewe risiko-oordrag gelei.
Die doelstelling van hierdie navorsing was om die toepaslikheid van gebonde versekeraars
as 'n risikobestuursmeganisme vir bestuurders te bestudeer. Die doelstelling omsluit 'n
modelboubenadering vir bestuurders om die strategiese implikasies van die stigting en
bedryf van 'n gebonde versekeraar te beheer. Die voortvloeiende take van die werkstuk is
soos volg:
• Die voltooiing van 'n literatuurstudie van die basiese teorie wat oor gebonde
versekering, as 'n wyse van interne risikofinansiering vir bestuur beskikbaar is;
• Die versameling van relevante empiriese inligting oor die onderwerp deur middel
van vraelyste wat op die literatuurstudie gebaseer is;
• 'n Kritiese ontleding van die versamelde inligting; en
• Die ontwikkeling van 'n besluitnemingsmodelop grond van die resultate van die
beskikbare inligting wat as 'n praktiese gids vir bestuur kan dien met betrekking tot
besluitingneming oor die stigting en bedryfvan 'n gebonde versekeraar.
Vyf en twintig vraelyste is gedurende Februarie 2003 gepos om al die geregistreerde
binnelandse gebonde versekeringsmaatskappye, asook gebonde versekeringsmaatskappye
wat uit verskillende selle bestaan ("cell captive insurance companies"), in Suid-Afrika te
bereik. Buitelandse gebonde versekeringsmaatskappye kon nie deel van hierdie studie vorm
nie vanweë artikel 33 van die Reserwebank se Wet nr. 90 van 1989 insake vertroulike
inligting. Van die 25 gebonde versekeringsmaatskappye het 21 maatskappye die vraelyste
voltooi en drie respondente het aangedui dat hulle nie meer by die aktiwiteite van gebonde
versekering betrokke was nie. 'n Reaksiekoers van meer as 95 persent is gevolglik behaal.
Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za
Die inligting vanuit die vraelyste is opgesom deur middel van 'n SPSS-sigblad en 'n aantal
statistiese ontledings is gedoen, wat die basis van die empiriese studie gevorm het. Die
resultate van die empiriese studie ten opsigte van binnelandse gebonde versekeraars, asook
gebonde versekeraars wat uit verskillende selle bestaan, het tot gevolgtrekkings gelei met
betrekking tot die belangrikheid van die verlangde doelstellings vir die stigting en bedryf
van gebonde versekeraars.
Die drie belangrikste faktore wat die besluitneming van 'n houermaatskappy behoort te
beïnvloed om 'n binnelandse gebonde versekeraar te stig, is geïdentifiseer as die finansiële
verbintenis van die houermaatskappy, die spreiding van die risiko's van die
houermaatskappy en die retensiekapasiteit van die houermaatskappy. Die drie belangrikste
faktore wat die besluitneming van 'n houermaatskappy behoort te beïnvloed om 'n
binnelandse gebonde versekeraar te bedryf, is geïdentifiseer as die retensiekapasiteit van die
houermaatskappy, die finansiële verbintenis van die houermaatskappy en die bestuursverbintenis
van die houermaatskappy.
Die drie belangrikste faktore wat die besluitneming van 'n houermaatskappy behoort te
beïnvloed om 'n gebonde versekeraar wat uit verskillende selle bestaan, te stig, is
geïdentifiseer as die spreiding van die risiko's van die houermaatskappy, die
retensiekapasiteit van die houermaatskappy en die finansiële verbintenis van die houermaatskappy.
Die drie belangrikste faktore wat die besluitneming van 'n houermaatskappy
behoort te beïnvloed om 'n gebonde versekeraar wat uit verskillende selle bestaan, te
bedryf, is geïdentifiseer as die finansiële verbintenis van die houermaatskappy, die spreiding
van die risiko's van die houermaatskappy en die bestuursverbintenis van die
houermaatskappy .
'n Besluitnemingsmodel is as hulpmiddel vir risikobestuurders ontwikkel, vrr beide
binnelandse gebonde versekeraars asook gebonde versekeraars wat uit veskillende selle
bestaan, om met besluitneming ten opsigte van die stigting en bedryf van 'n gebonde
versekeraar as deel van hul risikobestuursprogram te help. Die voortvloeiende
gevolgtrekkings en aanbevelings van die werkstuk was grootliks gebaseer op die
persoonlike menings van die gebonde versekeraars wat aktief in die Suid-Afrikaanse
gebonde versekeringsbedryf is. Dit word gevolglik aanbeveel dat toekomstige navorsing ook
die rol en menings van die houermaatskappye insluit.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53319
Date12 1900
CreatorsLe Roux, Magdalena Elizabeth
ContributorsMostert, F. J., Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Business Management.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format118, 4, 3, 11 pages
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0117 seconds