Text in Afrikaans / Die doel van hierdie navorsing is, om te bepaal of gesyferdheid by kleuters binne `n
speelgroepsituasie ontwikkel kan word deur middel van `n program wat wiskundige
konsepte aan kleuters oordra. Ten einde hierdie doel te bereik is `n wiskunde program
waarin verskillende hulpmiddels gebruik word, vir die kleuters aangebied. Die wiskunde
program wat gebruik is, is saamgestel aan die hand van Charner, Murphy en Clark (2007)
se “The Giant Encyclopedia of Math Activities for Children 3 to 6”. Die aktiwiteite wat
tydens die voortoets en natoets gebruik is, is uit verskillende bronne op die internet verkry.
Die aktiwiteite is uit gemelde bronne geneem en aangepas om by kleuters se
ontwikkelingsvermoë te pas. Aan die einde van die wiskunde program kon daar `n
verbetering in al die leerders se wiskunde vaardighede waargeneem word. Die resultate
van die studie dui dus daarop dat kleuters se begrip en vaardigheid met wiskundige
konsepte op `n vroeë ouderdom in `n speelgroep ontwikkel kan word. / The aim of this study was to determine whether numeracy can be developed among
preschoolers in `n playgroup situation by means of a numeracy programme which
introduces them to mathematical concepts. To achieve this aim a numeracy programme
was used to introduce the mathematical concepts. The numeracy programme that was
used is a programme compiled from “The Giant Encyclopedia of Math Activities for
Children 3 to 6” by Charner, Murphy and Clark (2007). The activities which were used
during the pre-test and post-test were taken from different sources on the internet. The
activities taken from these different sources were adapted to the appropriate
developmental phase of the preschoolers. At the end of the programme the post-test
indicated an improvement in the mathematical competence of all the learners. The results
of the study prove that preschoolers in a playgroup can improve their numeracy skills in
the early years. / Teacher Education / M. Ed. (Didaktiek)
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/4857 |
Date | 11 1900 |
Creators | Fourie, Maria Elizabeth |
Contributors | De Witt, M. W. |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | 1 online resource (vi, 134 leaves) |
Page generated in 0.0022 seconds