Return to search

Die profiel van vroue wat hulle wend tot terminasie van swangerskappe by Kalafong Hospitaal : 'n ondersoek met die oog op pastorale terapie

Text in Afrikaans / Summaries in Afrikaans and English / Hierdie studie toon dat vroue wat vir terminasie van swangerskappe aanmeld, se behoeftes wyer as bloot die verwydering van die fetus strek. Die diversiteit van probleme, vra 'n beradingsbenadering wat holisties van aard is. Indien die sosiale, psigiese en spirituele behoeftes nie aangespreek word nie, het ons in die holistiese
hantering gefaal. Die Department Huisartskunde waar ek werksaam is, beywer hom vir 'n holistiese
benadering van die pasient. Hierdie benadering word ook deur die huidige SuidAfrikaanse Regering onderskryf.
Die vrou met die ongewenste swangerskap het 'n behoefte om, behalwe die fisieke probleme, in totaliteit verstaan en gehoor te word. Sy smag na 'n berader wat saam met haar deur die kompleksiteit van die probleem kan dink en voel. Die holistiese benadering behels die fisieke sowel as die psigiese, maatskaplike en spirituele behoeftes.
Die studie het te doen met 'n soeke na 'n beradingsbenadering wat in al die behoeftesvan die vrou sal voorsien. / This study demonstrates that the needs of women requesting a termination of pregnancy extend much further than the mere removal of the foetus. The diversity of problems demands a counselling approach that is holistic in nature. We will fail in this holistic management, should the social, psychological and spiritual
needs not be addressed. The Department of Family Medicine where I am employed strives towards a holistic
approach to the patient. This approach is also endorsed by the present South African Government.
The woman with an unwanted pregnancy needs to be heard and understood in totality, over-and-above the physical problem. She yearns for a counsellor who can think and feel through the complexity of the
problem together with her.
The holistic approach includes the physical, as well as the psychological, social and
spiritual aspects.

The study involves a search for a counselling approach which provides for all these
needs of the women. / Practical Theology / M.Th. (Praktiese Teologie - met spesialisering in Pastorale Terapie)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/17692
Date06 1900
CreatorsSchoombie, Felicity Joyce Anne
ContributorsKotze, D. J. (Prof.), Wolfaardt, J. A.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeDissertation
Format1 online resource (1 v. (various pagings))

Page generated in 0.0023 seconds