Return to search

The value of collaboration in an integrated community development programme as experienced by stakeholders

Thesis (MCur)--University of Stellenbosch, 2011. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Agtergrond
Samewerking tussen belanghebbendes is ʼn baie waardevolle instrument om die
holistiese ontwikkeling van gemeenskappe te bevorder. Gevolglik het die navorser
deur hierdie projek gepoog om die waarde van samewerking in ’n gemeenskap te
bepaal.
Doelstelling en Doelwitte
Die doel van die studie was om die waarde van samewerking in ʼn geïntegreerde
gemeenskapsontwikkelingsprogram te ondersoek, soos dit onder die
belanghebbendes in die gemeenskap van Kuilsrivier ervaar is.
Die volgende doelwitte is gestel om te bepaal of:
• samewerking ʼn oplossing is vir gemeenskapsontwikkeling
• ʼn integrasie van al die belanghebbendes in die gemeenskap ʼn verskil maak in
ontwikkelende gemeenskappe.
Navorsingsontwerp
Vir die doel van hierdie studie was ʼn fenomenologiese navorsingsontwerp toegepas
met ‘n kwalitatiewe benadering.
Populasie en steekproefneming
Die populasie het bestaan uit ʼn verskeidenheid van belanghebbendes wat betrokke
was in die program. Deur doelgerigte steekproefneming is 10 deelnemers gekies wat
bestaan het uit ‘n fokusgroep met vyf deelnemers en onderhoude met vyf
afsonderlike individue.
Onderhoudsriglyne en data insameling
Onderhoude is gevoer met een fokusgroep en vyf individue afsonderlik. Elke
onderhoud was gelei deur semi-gestruktureerde onderhoudsriglyne wat gebaseer
was op die doelwitte. Data is deur die navorser persoonlik ingesamel. ʼn
Voorondersoek is nie gedoen nie. Geldigheid
Om die geldigheid van hierdie studie te verseker, is die beginsels van
geloofwaardigheid, gelykvormigheid, betroubaarheid en oordraagbaarheid toegepas.
Etiese oorweging
Toestemming vir die uitvoering van die studie was verkry van die Etiese Komitee van
die Fakulteit Gesondheidswetenskappe by Stellenbosch Universiteit. Ingeligte,
geskrewe toestemming was verkry. Die onderhoude is op band opgeneem met
toestemming van die deelnemers. Deelname aan die studie was vrywillig en die
etiese beginsels met betrekking tot privaatheid, anonimiteit en vertroulikheid is
verseker deur die hele studie.
Data analise
Data was geanaliseer volgens Tesch (1990:154-156). Opgeneemde onderhoude is
getranskribeer. Getranskribeerde data was gegroepeer in temas en sub-temas en
gekodeer deur die hele proses.
Bevindinge
Gedurende die onderhoude, en spesifiek in die fokusgroep, het deelnemers die
waarde so beskryf van aandeelhouers in gemeenskapsontwikkeling: “Samewerking
is baie belangrik. Integrasie van alle partye dra definitief by tot die ontwikkeling van
die gemeenskappe.” Daar is bevind dat bemagtiging die gemeenskappe in staat stel
om hulle individuele take meer effektief uit te voer, n.a.v. die volgende: ”Ons skakel
in en deur dit bemagtig ons ons gemeenskappe in Kuilsrivier en nou ook ander
gemeenskappe”.
Die projek het nuwe bewyse geïdentifiseer van ʼn wyer spektrum van die waarde van
samewerking en het die waarde van persoonlike, geestelike en emosionele
ondersteuning geïdentifiseer wat ervaar is deur die aandeelhouers. Verder het die
studie baie belangrike persoonlike ontwikkeling en bemagtiging, soos ervaar deur
die aandeelhouers gewys dat daar ʼn baie belangrike persoonlike ontwikkeling en
bemagtiging ervaar is deur die aandeelhouers en dat integrasie van al die
gemeenskapsaandeelhouers wel ʼn verskil maak in ontwikkelende gemeenskappe. Aanbevelings
Aanbevelings wat gebaseer is op die wetenskaplike bewyse wat deur die studie
bekom is, was gemaak en sluit die volgende in:
ʼn Groter poging moet aangewend word om die beste moontlike mense betrokke te
kry by ʼn geïntegreerde gemeenskapsonwikkelingsprogram
Vertroue en respek tussen die aandeelhouers onderling en tussen die
aandeelhouers en die gemeenskap is noodsaaklik
ʼn Mentorprogram vir vrywilligers
Persoonlike ontwikkelingsprogramme vir die vrywilligers
Ter opsomming kan gesê word dat die LINK geïntegreerde program gewys het dat
om verandering teweeg te bring in Suid-Afrika, sal daar ʼn toename in geïntegreerde
gemeenskapsontwikkelingsprogramme te weeg gebring moet word met ʼn
samewerkingsvennootskap van verskeie aandeelhouers. / ENGLISH ABSTRACT: Background
Collaboration between stakeholders is a valuable tool to enhance holistic
development in communities. Consequently through this project the researcher
endeavored to determine the value of collaboration in development of a community.
Goal and objectives
The purpose of the study was to explore the value of collaboration of an integrated
community development programme as experienced by stakeholders which was
introduced in Kuils River.
The following objectives were set to determine whether:
• collaboration is a solution to community development
• an integration of all community stakeholders makes a difference in
developing societies.
Research design
For the purpose of this study a phenomenological research design with a qualitative
approach was applied.
Population and sampling
The population comprised of the various stakeholders involved in the programme.
Through purposive sampling 10 participants were selected, which consisted of one
focus group of five participants and five face to face individuals interviews.
Interview Guide and data collection
Interviews were conducted with one focus group and five individual participants.
Each interview was guided by a semi-structured interview guide based on the
objectives. Data was collected personally by the researcher. A pretest was not done.
Validity
To ensure the validity of the study the principles of credibility, conformability,
dependability and transferability were applied.
Ethical considerations
Consent to conduct the study was obtained from the Ethical Committee of the
Faculty of Health Sciences at Stellenbosch University. Informed written consent was
obtained. The interviews were recorded with the consent of the participants.
Participation in the study was voluntary and the ethical principles pertaining to
privacy, anonymity and confidentiality were maintained throughout the study.
Data analysis
Data was analysed according to Tesch (1990:154-156). Recorded interviews were
transcribed. Transcribed data was grouped into themes, subthemes and coded
throughout the process.
Findings
During the interviews, specifically with the focus group, participants described the
value of collaboration of various stakeholders in community development:
“Collaboration is very important. Integration of all the parties definitely contributes to
the development of the communities”. It was shown that empowerment enables
communities to fulfil their individual tasks more effectively as the following comment
illustrates: “We are linking in and through that we are empowering our communities,
our community in Kuils River and now also other communities”.
The project identified new evidence of a broader range of the value of collaboration
and has identified the value of personal, spiritual and emotional support experienced
by stakeholders. Furthermore, the study has shown the high importance of personal
development and empowerment experienced by stakeholders and that the
integration of all community stakeholders does make a difference in developing
societies.
Recommendations
Recommendations were made based on the scientific evidence obtained and include
the following:
Effort should be made to involve the best possible people in the integrated
community development programme (ICDP).
Trust and respect between the stakeholders and between the stakeholders and the
community are imperative
A mentorship programme for volunteers
Personal development programme for the volunteers
In conclusion the Local Integrated Network in Kuils River (LINK) integrated
programme has shown that to bring about change in South Africa, an increase in
ICDP’s should be introduced with a collaborative partnership of various stakeholders.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/6739
Date03 1900
CreatorsKitshoff, Danine
ContributorsStellenberg, E. L., University of Stellenbosch. Faculty of Health Sciences. Dept. of Interdisciplinary Health Sciences. Nursing Science., Dipaola, Danine
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format90 p. : ill.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0022 seconds