Die geesteswetenskappe, en spesifiek letterkunde en literatuurstudies, loop toenemend deur onder kritiek oor die relevansie van letterkunde in die 21ste eeu. Die letterkundige Hans Ulrich Gumbrecht reken egter dat die probleem nie is dat fiksie irrelevant geword het nie, maar dat die suiwer hermeneutiese manier waarop letterkunde gelees word, gelei het tot ’n reduksionistiese beskouing van letterkunde. Gumbrecht reken dat dit moontlik is om taal op so ’n wyse aan te wend dat dit die leser weer nader kan bring aan die wêreld waarvan hy grootliks verwyderd voel. Hierdie konsep noem hy die “produksie van teenwoordigheid”, en hy identifiseer sewe wyses waarop taal kan funksioneer om só ’n “teenwoordigheidseffek” te bewerkstellig. Marlene van Niekerk se Die sneeuslaper word in hierdie studie ondersoek deur gebruik te maak van Gumbrecht se konsep van die “teenwoordigheidseffek” van ’n literêre teks. Die “produksie van teenwoordigheid” word egter in ’n spanning teenoor die hermeneutiese aspek, die betekenis of interpretasie, en teenoor die “sosiale betrokkenheid” van letterkunde ondersoek – ’n spanning wat deurgaans in Van Niekerk se oeuvre teenwoordig is. Gumbrecht se voorstel om die “teenwoordigheidseffek” van ’n teks te ondersoek, lei daartoe dat Die sneeuslaper gelees kan word as ’n bydrae tot die breër besinning oor die rol en relevansie van letterkunde, kuns en kunskritiek in ons samelewing, en die manier waarop kunswerke ervaar word. Benewens Gumbrecht se idee van teenwoordigheidsproduksie, sal daar ook aangesluit word by Wolfgang Iser se “werkingsestetika” waarvolgens hy aandui dat literêre tekste “strukture uit die werklikheid” neem en herrangskik om daardie strukture op ’n vars en nuwe wyse in die literêre teks te belig. In die proses word tekortkominge of probleme van hierdie “strukture” uit die buite-tekstuele wêreld duidelik. Met behulp van Iser se teorie, word aangedui hoe Van Niekerk in die vier verskillende verhale die leser dwing om bestaande, hermeneutiese aannames oor die letterkunde en literêre tekste te heroorweeg. Die idee dat tekste betekenis moet inhou, sluiting moet bied of noodwendig sosiopolitieke betrokkenheid moet toon word uitgedaag. In ruil ondersoek Van Niekerk eerder die mate waartoe ’n benadering wat gerig is op die “estetiese ervaring” van literêre tekste, voorafopgestelde idees en aanvaarde strukture kan belig ten einde die leser se persepsies oor daardie strukture te wysig. Daar sal aangedui word hoe Van Niekerk taal aanwend om ook ’n teenwoordigheidseffek te bewerkstellig, en in die proses die leser, soos wat Gumbrecht voorstel, vir ’n oomblik “tot stilstand dwing”. / The role and potential relevance of the humanities, specifically of literature and literary criticism in the 21st century, has been increasingly called into question. Literary theorist Hans Ulrich Gumbrecht suggests that the problem is not that fiction has become irrelevant. Rather it is the exclusively hermeneutic way in which literature is read, that leads to a reductionist view of literature. Gumbrecht argues that it is possible to apply language in such a way that it could again bring the reader closer to the world to which the reader feels increasingly distant. He calls this concept the “production of presence”, and identifies seven ways in which language functions to create a “presence effect”. In this dissertation, Gumbrecht’s concept of the "presence effect" of literature will be applied to analyse Marlene van Niekerk’s Die sneeuslaper. The production of presence is, however, analysed in a tension with the hermeneutic aspect, the meaning or interpreation of literature, and literature that engages with social and political realities – a tension which is often present in Van Niekerk’s oeuvre. Gumbrecht’s theory of the “presence effect” of literature, opens up the possibility to read Die sneeuslaper as a contribution to a broader reflection on the way in which art is experienced, and on the role and relevance of literature, art and art criticism at the start of the 21st centuary. Apart from Gumbrecht’s concept of the production of presence, this study will rely on Wolfgang Iser’s reception theory in which he indicates how literary texts can rearrange structures from the world in order to highlights those structures in a new way. Hence, the deficiencies or problems of those “structures” become clear to the reader. Iser’s theory is used to indicate how the Van Niekerk forces the reader to reconsider existing hermeneutic perceptions on literature and literary texts. These include perceptions that texts should necessarily have meaning, that it should provide closure, or that it should be a socially or politically engaged text. Van Niekerk investigates an approach that is focused on the “aesthetic experience” of a literary text, and how such an approach could highlight preconceived ideas about existing and assumed structures about art and society in order to alter the reader’s perceptions of those structures. This study shows that Van Niekerk applies language in such a way that it leads to a presence effect which, as Gumbrecht suggest, forces the reader to experience a “moment of intensity”. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2014. / tm2015 / Unit for Creative Writing / MA / Unrestricted
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/46199 |
Date | January 2014 |
Creators | Groenewald, Anneli |
Contributors | Burger, Willie |
Publisher | University of Pretoria |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Rights | © 2015 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. |
Page generated in 0.0071 seconds