Return to search

Regstellende aksie in die Departement van Korrektiewe Dienste (1995-1999)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The study explores how affirmative action took place in the Department of Correctional
Services (DCS)from 1995to 1999 in the Western Cape.
There are many impediments that must still be bridged. This study is not guided by a
specific research hypothesis but focuses on the process of affirmative action from 1995
to 1999.
A systematic outline of the development of the affirmative action process in the public
sector are given. Firstly, guidelines as set out for a transformation process in the white
paper : transformation of the public sector are highlighted, secondly guidelines for
Department Affirmative Action programmes and lastly Affirmative Action in the
Department of Correctional Services with specific referral to Linda Human's Blueprint
for AA in above mentioned Department.
The core focus is to gain perspective with regard to affirmative action in the South
African context, the aspects that led to the process of affirmative action, identification
of current policy and legislation which encourages affirmative action, the timeframe set
aside for this process in the public sector with a specific focus on the Department of
Correctional Services.
In order to detect how affirmative action took place on grassroots level within the DCS,
a case study was conducted, focussing on a specific management area Drakenstein.
Generalisation to other management areas cannot occur, since each area is unique with
regard to affirmative action needs although application of the process is based on
broader national and provincial objectives.
The st~dy can precede a more in depth study of programme evaluation of affirmative
action over the past five years since 1995.
Methodological problems and challenges of the research goal are highlighted and
explained.
Recommendation for an affirmative action plan en further research on the subject of affirmative action,will be given. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie is verkennend van aard en stel vas hoe regstellende aksie binne die
Departement van Korrektiewe Dienste vanaf 1995tot 1999 in die Wes-Kaap plaasgevind
het.
Regstellende aksie is 'n nuwe proses, wat deurlopend plaasvind. Vir praktiese redes
word daar slegs vasgestel hoe die proses binne een Staatsdepartement aangepak is in
die genoemde vyfjaar tydperk. Daar is nog baie hindernisse en foute wat oorbrug moet
word. Die studie word dus nie deur 'n spesifieke navorsingshiptotese gelei nie, maar
fokus slegs op die verloop van die proses vanaf 1995- 1999.
'n Sistematiese uiteensetting van die verloop van die regstellende aksie proses in die
openbare sektor word gegee. Eerstens word daar gekyk na riglyne vir die
transformasieproses soos uiteengesit in die Witskrif: Transformasie van die Openbare
Sektor, tweedens na riglyne vir Departementele Regstellende Aksie programme en
laastens na regstellende aksie in die Departement van Korrektiewe Dienste met
spesifieke verwysing na Linda Human se blouskrif vir Regstellende Aksie binne
genoemde departement.
Die volgende doelwitte is dus met die studie beoog :-
Om perspektief te verkry met betrekking tot regstellende aksie binne die Suid
Afrikaanse konteks - watter aspekte aanleiding gegee het tot die proses van
regstellende aksie, die identifisering van huidige beleid en wetgewing wat regstellende
aksie aanmoedig, die verloop van die proses van regstellende aksie in die openbare
sektor met spesifieke fokus op die Departement van Korrektiewe Dienste.
Ook om te fokus op 'n spesifieke Bestuursarea binne die DKD, naamlik Drakenstein om
vas te stel of regstellende aksie wel op grondvlak plaasvind en hoe ingelig lede met
betrekking tot die proses is, alhoewel daar nie veralgemeen kan word na ander
Bestuurareas nie aangesien elke Bestuursarea sy eie unieke regstellende aksie
behoeftes gei'dentifiseer en toegepas het op grond van bree Nasionale en Provinsiale
doelwitte.
Die studie kan 'n meer indiepte studie van program evaluasie van regstellende aksie
voorafgaan, waarin die program van regstellende aksie binne die DKD oor die afgelope
vyf jaar sedert 1995 krities geevalueer word,
Die metodologiese problematiek en uitdagings wat deur bogenoemde
navorsingsdoelwit gestel word, word verklaar en in perspektief gestel. Die tesis word
afgesluit met aanbevelings vir 'n regstellende aksieplan en verdere navorsing.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52427
Date03 1900
CreatorsFilanie, Margaret Anita
ContributorsGroenewald, C. J., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format82 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0141 seconds