Thesis (MSc)--University of Stellenbosch, 2004. / ENGLISH ABSTRACT: There is overwhelming evidence that the Armadillo Lizard, Cordylus
cataphractus, forms permanent aggregations, and that termites are
possibly the most important component of the diet of this species. In
addition, the spinose morphology and defensive tail-biting behaviour
displayed by this lizard species strongly imply that individuals move away
from the crevice, where they are more vulnerable to predation. Therefore
the aim of this part of the study was to investigate whether C.
cataphractus harvest termites at the termite foraging ports and to discuss
the likely ecological implications of termitophagy for this species. A
quadrate at the Graafwater study site, including several crevices housing
C. cataphractus groups, was measured out. All the foraging ports of the
subterranean harvester termite (Microhodotermes viator) present in the
quadrate, were located and their positions recorded in respect to the
distance from the nearest crevice housing lizards. The presence of C.
cataphractus tracks at the foraging ports was used to verify whether
individuals visited specific termite foraging ports. Tracks were found at
foraging ports located at an average distance of 6.1 m, but were also
located at foraging ports up to 20 m from the nearest crevice. The results
strongly support the hypothesis that C. cataphractus individuals move
away from the crevice to feed on termites. Termitophagy and the heavy
armature of C. cataphractus appear to be key factors in the group-living
behaviour of this species. Termitophagy allows individuals to live in
groups as competition for food at the home crevice will be limited. Theheavy armature of C. cataphractus renders it clumsy and slow-moving,
compared to other cordylids. Group-living will, however, eliminate juvenile
dispersal and mate-searching excursions, activities which, in the light of
the heavy morphology of the species, may result in high predation impact.
The global objective of the study was to investigate social structure and
space-use in Cordylus cataphractus. For the correct interpretation of data
on the latter, it was necessary to first establish an ethogram for the study
animal. Members of a multi-male group located at the Graafwater site,
including all age-sex classes, were observed in the field by telescope, for a
total of 102 hours. All individuals were observed to predominantly display
maintenance behavioural act systems, however, agonistic act systems
were also observed. Aggression levels were determined for the respective
agonistic behavioural acts observed. Males were highly aggressive and
displayed the most aggression (67.42 %). Females and sub-adults
displayed aggression for 34.97 % and 37.75 % of the total observation
time, respectively. Juveniles did not display aggression at all. Mating
behaviour was also observed and described. An ethogram was thus
established for the first time for C. cataphractus, and was compared to the
ethograms available for a few other cordylids.
The spatial distribution of individuals within a population has an
important impact on the social structure that ensues. Living in a group
imposes several pressures on the individual and competition for mates is
one. The main aim of the study was to determine the space-use of all theindividuals included in a multi-male Cordylus cataphractus group (n = 55),
to elaborate on the mating system. Specific focus was on the adult males
and females of the multi-male group, because, ultimately, the manner in
which individuals, particularly the adult males and females, utilise space,
determines the mating system. The mating system is an important aspect
of social structure. A two-dimensional grid pattern was delineated at a
free-living, multi-male group’s crevice, situated at the Graafwater study
site, to be able to plot the position of each individual during observations.
All marked individuals, that were visible, were scanned through a
telescope and their respective positions were recorded at 30-minute
intervals. Arcview 3.2 Geographical Information Software was used to
create a computerised model replicate of the two-dimensional grid pattern
at the crevice, and to graphically depict the recorded positions for each
individual. The space-use of males overlapped greatly with the space-use
of females (66.12 ± 31.81 %), but a 0 % overlap in space-use was observed
among adult males. The space-use of sub-adults and juveniles overlapped
highly among one another, as well as with the space-use of adult males
and females. The results showed conclusively that adult male C.
cataphractus are territorial, defending specific sites at the crevice. The
territory of each male included in the multi-male group incorporated at
least one female. The space-use of several females incorporated the
space-use of two or more males. Males were observed to mate with one or
more females, and one female was observed to mate with two different
males on more than one occasion. Thus the evidence strongly suggests that C. cataphractus males display typical territorial polygyny whereas
females may be promiscuous. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar is oorweldigende bewyse dat die pantsergordelakkedis, Cordylus
cataphractus, permanent in groepe bly en dat termiete waarskynlik die
belangrikste komponent in die dieet van hierdie spesie is. Die stekelrige
morfologie en die stert-byt beskermingsgedrag is verder sterk aanduidings
dat hierdie akkedisse tyd weg van hul klipskeure spandeer waar hulle
meer gevoelig vir predasie is. Die doelwit van die eerste deel van die studie
was om te bepaal of C. cataphractus termiete by die voedingspoorte van die
termietneste oes en verder ook om die moontlike ekologiese implikasies
wat termitofagie vir die spesie inhou, te bespreek. ‘n Kwadraat was by die
Graafwater studielokaliteit uitgemeet om verskeie akkedisgroepe in te
sluit. Al die voedingspoorte van die suidelike grasdraer termiet
(Microhodotermes viator) binne die kwadraat is gevind en die afstande na
die naaste klipskeur wat akkedisse huisves, is vir elke voedingspoort
bepaal. Die teenwoordigheid van C. cataphractus spore in die sand by die
voedingspoorte was gebruik om besoeke aan spesifieke voedingspoorte te
bevestig. Spore is by voedingspoorte gemiddeld 6.1 m vanaf die naaste
akkedisgroep gevind, maar tot so ver as 20 m vanaf die naaste
akkedisgroep. Die resultate verleen sterk ondersteuning vir die hipotese
dat C. cataphractus individue op termiete weg van hul klipskeur af voed.
Termitofagie en die swaar pantser van C. cataphractus is waarskynlik
sleutelfaktore in die groeplewe-gedrag van die spesie. Termitofagie laat
groeplewe toe omdat kompetisie vir voedsel by die klipskeur beperk sal
wees. Die swaar pantser van C. cataphractus het tot gevolg dat die spesie lomp en stadig is in vergelyking met ander gordelakkedisse. Groeplewe sal
egter natale spreiding en maatsoek-ekskursies, aktiwiteite wat in die lig
van die lompheid van die spesie swaar predasie impak tot gevolg kan hê,
uitskakel.
Die oorhoofse doelwit van die studie was om die sosiale struktuur en
spesifiek ruimtebenutting by C. cataphractus te ondersoek. Vir korrekte
interpretasie van data oor lg. was dit egter eers nodig om ‘n etogram vir die
studiedier saam te stel. Lede van ‘n multi-mannetjie groep, wat alle
ouderdomsgrootte klasse ingesluit het, is by die Graafwater
studielokaliteit m.b.v. ‘n teleskoop vir ‘n totaal van 102 uur dopgehou. Al
die individue in die groep het oorwegend instandhoudingshandelingsisteme
vertoon, alhoewel agonistiese handelingsisteme ook
vertoon is. Aggressievlakke is vir die verskeie agonistiese
gedragshandelings bepaal. Mannetjies was hoogs aggressief en het die
meeste aggressie vertoon (67.42 %). Wyfies en subvolwassenes het
aggressie vir 34.97 % en 37.75 % van die totale observasietyd
respektiewelik getoon. Jong individue het geen aggressie getoon nie.
Paringsgedrag was ook waargeneem en beskryf. ‘n Etogram is dus vir die
eerste keer vir C. cataphractus opgestel en is ook vergelyk met etogramme
van ander gordelakkedisse.
Die ruimtelike verspreiding van individue binne ‘n populasie het ‘n
belangrike invloed op die sosiale struktuur wat daaruit voortvloei. Om in
‘n groep te lewe, plaas verskeie drukke op die individue binne die groep en kompetisie vir maats is een hiervan. The hoofdoelwit van die studie was
om die ruimtebenutting van al die individue binne ‘n multi-mannetjie
groep van C. cataphractus (n = 55) te bepaal en om die paringsisteem in so
‘n groep te ondersoek. Die spesifieke fokus was op die volwasse mannetjies
en wyfies, omdat die paringsisteem deur die wyse waarop volwasse
individue ruimte benut, bepaal word. Die studie is by die Graafwater
studielokaliteit gedoen. Die oppervlak buite ‘n klipskeur wat deur ‘n
multi-mannetjie groep bewoon word is opgedeel in sektore om die
kartering van die posisies van die individue tydens observasietye moontlik
te maak. Al die individue is vooraf met verfkodes langs die kant van die
kop gemerk en op gegewe observasiedae is individuele posisies elke 30
min aangeteken. Arcview 3.2 Geographical Information Software was
gebruik om ‘n tweedimensionele, gerekenariseerde replikaat van die
klipskeur en onmiddelike omgewing te skep en om die waargenome
posisies van individue grafies voor te stel. Die ruimtebenutting van
mannetjies het grootliks met dié van wyfies oorvleuel, terwyl zero
oorvleueling tussen mannetjies waargeneem is. Ruimtebenutting van
subvolwasse en jong individue het ook grootliks onderling oorvleuel en ook
met dié van volwasse mannetjies en wyfies. Die resultate toon duidelik
aan dat volwasse mannetjies territoriaal is en dat spesifieke standplase
rondom die klipskeur verdedig word. Die territorium van elke volwasse
mannetjie het of ‘n gedeelte of die hele ruimtebenutting van ten minste een
volwasse wyfie ingesluit. Ruimbenutting van verskeie wyfies het met dié
van twee of selfs meer mannetjies oorvleuel. Mannetjies is waargeneem om
met meer as een wyfie te paar en ten minste een wyfie het met meer as een mannetjie gepaar. Die resultate dui dus sterk daarop dat C. cataphractus
mannetjies tipies terrotoriale poligenie vertoon terwyl wyfies weer
promisku is.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/16320 |
Date | 12 1900 |
Creators | Effenberger, Etienne |
Contributors | Mouton, P. le F. N., University of Stellenbosch. Faculty of Science. Dept. of Botany and Zoology. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Format | 134 leaves : ill. |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0033 seconds